Trou Tendense vir 2014 1

Trou Tendense vir 2014

Beplan jy om later vanjaar die knoop deur te haak? Dan het jy dalk alreeds begin om die huidige trou tendense na te vors. Daar is elke jaar heelwat bespiegelinge oor wat die mees populerste kleure en temas sal wees, maar dis belangrik om die met jou eie smaak en styl te kombineer om ‘n unieke dag te skep. Ek + Carla van Moi Decor het ‘n rukkie gelede navorsing begin doen en met ons eie lysie van tendense vir die jaar 2014 opgekom.

 

Die Temas + Tendense:

    1. Romanse + Rose:
      ‘n Klassieke + tydlose tema wat rose van enige kleur of geur insluit. Maak gerus gebruik van groot hout letters om ‘n tikkie spesiaal by die dekor te voeg.

Shepstone Garden Troue met foto’s deur Melanie Wessels

 

    1. Koninklike Kant:
      Ek is mal oor kant, nie net as dit by die trourok kom nie maar ook die dekor. Dit sluit in kant vlaggies, washi tape en details op die skryfbehoeftes. Kant is ook ‘n tydlose tema wat opgekikker kan word deur fyn blinker krale of uit kan staan as dit as deel van ‘n moderne tema gebruik word. Kombineer kant met doilies vir nog ‘n liefste effek.

Woudagtige gestileerde fotosessie met foto’s deur Dear Heart Photos

 

    1. Blinkers + Bling:
      Die is die tema van die eerste trou week nou in Janurie, ‘n tema wat vir beide ‘n formele of informele dag gebruik kan word. Ons is veral versot op die goue blinker voorkoms, maar hoe ookal jy besluit om ‘bling’ op jou dag te gebruik, ons is seker dat dit ‘n liefste effek sal verskaf.

Bohemian Glamour Styled Shoot met foto’s deur Melanie Wessels

 

    1. Geometries:
      ‘n Tema wat vanselfsprekend ‘n derde dimensie aan enige dag sal verskaf. Die gebruik van die sterk lyne + patrone op jou skryfbehoeftes, dekor en jou troubykomstighedesal ‘n unieke voorkoms verskaf. Ons kan nie wag om meer oor die tema te deel nie en is besig om iets in die mou te voer, maak seker dat jy ons gereeld besoek om te verseker dat jy nie op die sal uitmis nie.

Arts on Main Wedding met foto’s deur Picture Me&U

 

    1. Dramaties + Donker:
      Dink unieke teater ruimtes, donkerder kleure, lang moue op rokke, gladde glans sy… donker kleure of raak alhoemeer gewild vir troues. Of is dit net ‘n tikkie donker op die rok is of jou bruidsparty in swart gekleee, donker is beslis die nuwe ‘swart’.

Shepstone Garden troue met foto’s deur Laura Jane

 

Watse kleure of tema het jy ingedagte vir jou spesiale dag?

 

Artikel deur Kari van www.liefste.co.za



style=”display:inline-block;width:300px;height:250px”
data-ad-client=”ca-pub-6502110301892345″
data-ad-slot=”5738075418″>

1 thought on “Trou Tendense vir 2014”

Comments are closed.