Tuinmaak tema {kombuistee tema}

page

Hierdie kombuistee tema is perfek vir n bruid met groen vingers. Die kleurskema is groen en geel en skoenlappertjies is orals te sien.

Hier is ‘n paar kos idees vir die tuinmaak tema:

– Wortels met Hummus (alles word in klei potjies bedien)

– Komkommer roulade

-Kruie en vrugte water

-Roosmaryn en Tiemie koekies

– Suurlemoen en Roosmaryn koekies

Vir nagereg kan n potplant (kolwyntjie) stasie opgesit word. Gebruik klein klei potjies en gee sjokolade kolwyntjies wat onversier is. Gaste neem dan hul potjies, plaas hul koekies daarin, vul hul plantjies met sjokolade versiersuiker en gekrummelde sjokolade koekies (dit sal soos grond lyk) Dan vul hul plantjie met kunsmus (lekkergoed soos smarties of jelly beans).

Hierdie kombuistee is ook vol doen dit self projekte. Orals kan items met swartbord verf geverf word en oulike boodskappies kan met bordkruit daarop geskryf word.

 

Artikel vanaf Hostess with the mostess