Uitnodiging etiket

Printable-wedding-invitation-set-papel-full-1000px-750x562

 

Die trou uitnodiging in een van die belangrikste elemente van die troudag, omdat dit vir die gaste al die nodige inligting moet gee! Hier is ‘n paar andwoorde op van die algemeenste vrae rakend uitnodigings:

 

V: Watter inligitng kom als op die uitnodiging:

A: Hierdie is die belangrikste wat op die uitnodiging moet wees , en moet so volleding moontlik wees.

  •         Die bruidspaar se name
  •         Watter funksie dit is, nl jul troue
  •        Datum en tyd van die troue
  •        Waar die seremonie en onthaal gaan plaasvind

V: Waneer word die uitnodgings uitgestuur?

A:  Tradisioneel word die uitnodigings 6-8 weke voor die troue uitgestuur.  Hierdie tydlyn sal verseker dat gaste voldoende tyd het om vervoer en verblyf reelings te tref.

V: Hoe lank voor die tyd moet gaste RSVP?

A:  Maak die RSVP datum 3 weke voor die troudatum.  Sodoende sal jy genoeg tyd hê om gaste te kontak wat nie laat weet het of hulle kom nie,  die tafel uitleg en beplanning te finaliseer en finale getalle na die venue toe deur te gee.

V:  Kan die inligting van ons trou register op die uitnodigings kom?

A:  Alhoewel baie mense dit so doen, word dit as ongemanierd beskou om die register  inligting op die uitnodiging te plaas. Dit sal voorkom of daar gevra word vir geskenke. Die maklikste manier om die register inligting te versprei is om vir die gevolg en ouers  die besonderhede te gee en vir hulle te vra om dit te help versprei. ‘n Ander manier is om die besonderhede op jul  trou webblad te sit.

V: Ons wil nie kinders op die troue hê nie. Hoe maak ons dit duidelik vir die gaste?

A:  Die maklikste is om die uitnodigings reg te addresseer aan gaste. Bv ‘Piet en Susan’ . Dit beteken dan dat slegs die persone op die uitnodiging genooi is.  ‘n Inskrywing in die uitnodiging kan ook lees iets soos – ‘Jammer, geen kinders’

V: Hoe laat weet ek gaste wat die drag kode is?

A:  Die beste manier is om dit op die uitnodiging aan te bring, en te meld of die funksie formeel, semi-formeel of gemaklik gaan wees. Die utnodiging se ontwerp moet ook leidrade gee – ‘n formele ontwerp vir ‘n formele funksie ens.

V: Moet ons elke gas met ‘n metgesel nooi?

A:  Nee, dit is nie nodig nie. As die persoon nie getroud of in ‘n langtermyn verhouding is nie, kan jy net hom (of haar) op hul eie nooi. Sou dit gebeur dat die persoon RSVP vir 2 persone, kan julle hom skakel en verduidelik dat jul net begroting net genoeg is vir 1 persoon. As hy of sy graag wil deel wees van jul troue, sal hulle bereid wees om daardie opoffering te maak.

V: As die onthaal slegs vir familie en nabye vriende is, is dit toelaatbaar om ander mense NET na die seremonie toe te nooi?

A: Nee, almal wat die seremonie (asook verlowings partytjie en kombuistee bywoon) moet die onthaal ook bywoon.  Dit sal lyk asof julle net agter hul geskenke aan is.