Uitnodigings in Styl (Deel 1)

page-624x624

 

Die uitnodiging is die eerste indruk wat ‘n gas van die troue kry. Daarom is dit baie belangrik om jou uitnodiging stylvol en indrukwekkend te laat lyk. Ons gaan bietjie kyk na die nuwe top modes vir uitnodigings vir 2013.

 

  • Die handgetkende uitnodiging – Hierdie uitnodiging gee ‘n baie persoonlike gevoel aan die troue.
  • Die meng en pas uitnodiging – Gebruik verskillende idees en motiewe saam in jou skryfbehoeftes (maak net seker als pas op die einde bymekaar.
  • Koninklike ontwerpe – Baie elegante ontwerp, soos iets uit ‘n storie boek.
  • ‘Die-Cut’ Uitnodiging – Uitnodigings  se kante word uitgesny in ‘n eenvoudige vorm .
  • Speelvolle skrif – ‘n Speelvolle skrif verleen ‘n sagte en modern gevoel aan uitnodigings.
  • Foelie ontwerpe –  Tekstuur speel ‘n groot rol, en die maklikste manier om dit te kry is deur foelie. Die metaal stukkies gee gelyktydig die  gevoel van modern, asook oud Hollywood.

 

2 thoughts on “Uitnodigings in Styl (Deel 1)”

  1. Weet enige iemand waar ‘n mens ‘n gewone afrikaanse “trou koerant templaat” kan aflaai – ek wil self my koerantjies maak – om dit die persoonlike gevoel te gee – (en eerlik die verskaffers is belaglik met die ontwerp en druk pryse).

  2. Trou Manewales Werke

    Hello Lalla
    Ons doen trou koerantjies – leë template is een van ons opsies beskikbaar. Ons pryse is werklik baie bekostigbaar. As jy sou belangstel om te hoor wat ons jou kan bied, stuur asseblief vir ons ‘n epos! trou.manewales@gmail.com

Comments are closed.