Uitnodigings in styl (deel 2)

Die uitnodiging is die eerste indruk wat ‘n gas van die troue kry. Daarom is dit baie belangrik om jou uitnodiging stylvol en indrukwekkend te laat lyk. Ons gaan bietjie kyk na die nuwe top modes vir uitnodigings vir 2013.

  • Kinderlike ontwerpies – Ontwerpe wat lyk soos vinger  verf werk goed vir minder formele troues.
  • Gestempelde kaartjies – Hierdie is ‘n oulike doen-dit –jouself projek. Stempels word op mooi papier gestempel vir ‘n ‘vintage’ gevoel.
  • Monogramme – Na die koninklike troue is eenvoudige onwerpe met monogramme baie popular.
  • Geillustreerde uitnodiginigs – Die bruid en bruidegom word uitgebeeld as strokies karakters.
  • Laser gesnyde uitnodigings – Fyn ontwerpies word op papier uitgesny deur ‘n laser straal.
  • Kaartjie uitnodigings – Uitnodigings is in die vorm van ‘n kaartjie vir  bv ‘n  karnaval, vliegtuig of trein rit. Gaste word dan uitgenooi op die  vlug of reis saam met die bruidspaar te geniet.