Ursela & Ridus { Vintage Love birds}


Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Ursula
  • Naam Van Bruidegom: Ridus
  • Datum en Tyd van troue: 30 Mei 2015
  • Venue/plek van troue: Seatrader, St.Helena Baai
  • Aantal gaste: 92

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Geen
  • Fotograaf: Photography by Joniela Geldenhuyd
  • Bruid en bruidmeisie rokke:
    – Bruid: Laat maak by Meisie Du Preez
    – Bruidsmeisie: YDE/Monsoon
  • Bruidegom en mans pakke:
    – Suite Hire Stellenbosch
  • Blomme : Mondvol Padstal
  • Dekor: Mondcol Padstal
  • Koek: Tania Thiart
  • Spyseniering: Seatrader

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het +- 3 jaar gelede op my niggie se troue ontmoet.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Om en by 3 jaar
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ek was vroeg by die huis een aand toe hy nog nie tuis was nie. Hy het kliente uit geneem vir ete, min weet ek dat hy eintlik net sy senuwees wou kalmeer…oppad terug huistoe het hy besluit nee hy weet nie of hy al reg is om my te vra nie. Terwyl ek vir hom wag by die huis het ek solank die vuur aangesteek…dis ‘n instelling om Vrydag aand te braai en ek wil hê die kole moet amper reg wees teen die tyd wat hy by huis km anders gaan ek nooit eet nie.Soos wat hy intrek by die huis sien hy die vuur brand en besluit toe net daar en dan…as die vrou uit haar eie uit kan vuur maak moet ek met haar trou. Toe hy uiteindelik by die huis aankom vra ek hom of hy toe my verjaarsdag geskenk (wat al n maand overdue is) opgetel het. Hy se eers nee maar gaan haal toe uit die bakkie…Yay my Polo handsak! So opgewonde kry ek my ou handsak en wil als toe oorpak. Toe ek nuwe handsak oop maak le daar n boksie…my hart wil uit my bors boks van senuwees. Soos ek omdraai staan hy op sy knie en vra my om te trou…en natuurlik was die antwoord ja.
  • Die troue (van a-z): Ek weet nie van n bruid wat so kalm was soos ek op my troudag nie. Daar was n moontlikheid dat dit sou reën…ek het gesê as dit moet reën dan trou ons maar binne al droom ek nog my hele lewe van n strand of buite troue.My senuwees het eers n verskyning gemaak toe ek klaar is met my bridal shoot en amper oppad venue toe is toe ek sien hoe van die familie nog nie eers klaar is nie…ek gaan opdaag voor my gaste!! Gelukkig het hul ons verby gesteek oppad venue toe. Haha. Ek weet nie of dit die senuwees of koue was nie maar toe die troumars begin toe bewe ek verskriklik en kan nie ophou glimlag nie. Toe ek my aanstaande sien toe smile ek eers, hy het vreeslik aantreklik gelyk. Die Dominie het vreeslik mooi gepreek en die voëltjie tema so mooi ingepas by die preek. Wie sou kon dink dat daar so baie verse in die Bybel is oor voëltjies. Dit het my gehelp vergeet van die koue. Na ons register geteken het is ons met springmielies gestrooi voor ons met al foto’s begin het…sjoe dit het lank geneem. Die onthaal was so mooi op gemaak, te danke aan Monvol Padstal. Dis was presies soos wat ek dit wou hê, my man het nie veel daarin belang gestel nie so ek het beheer oor alles geneem in daardie opsigte. Ons seremonie meester was puik! Sy hele speech het hy gekombineer met rugby aangesien my man so groot rugby ondersteuner is. Elke posisie in die span verteenwoordig of n persoon of gebeurtenis en toe skryf en sing hy vir ons ‘n liedjie “Troubles” op die wysie van “Stormers”. Dit was skreeu snaaks. Ons het die res van die aand gesmul aan heerlike kos wat Seatrader voorberei het en verder tot laat ons voete los gehou op die dans vloer. Ons wens net dit kon bietjie langer aanhou, alles was verby in ‘n oogwink.
  • Raad vir toekomsige bruide:
    Moenie stres nie, en delegeer. Jy sal nooit als self kan doen nie. En dis juis wanneer jy begin stres. Kry vroegtydig al jou dine in orde en sit sperdatums in plek vir teen wanneer dit moet kla wees. Moet ook tot nommer 99 wag nie.
  • Die beste deel van jul troudag:
    Alles was absoluut amazing, wens net die dag het meer ure gehad sodat ons dit langer kon geniet.
%d bloggers like this: