416 Jan Smuts Avenue 416 Jan Smuts Avenue Gauteng
416 Jan Smuts Avenue Johannesburg Gauteng 2196 ZA

“Vat my hand en moet my nooit los nie”

Hallo pragtige bruids paartjie, en welkom by DGR Photography. My naam is Dean en ek is waarlik mal oor liefde sprokie verhale.

Die tipe gevoel van my fotos is skoon, elegant en romanties.
Trou fotografie is nie net my loopbaan nie maar ook my grootste passie.

Ek glo in goeie diens en om altyd meer te doen vir mense as wat daar verwag word. My liefdes verhouding met fotografie het al vroeg in my lewe begin maar dit was nie tot 2009 waar ek fotografie gaan studeer deur middel van aand klasse by die Noord-wes Universiteit.

Die oomblik toe ek my eerste troue afgeneem het, het ek geweet hierdie is vir my en ek ‘t nog nooit terug gekyk nie. Ek het tyd gespandeer om trou beplanning te gaan studeer by die School of Weddings om die hele trou proses te verstaan, sodat ek n beter diens vir elkeen van bruidjies kan lewer.

Die beste raad wat ek vir enige bruids paartjie kan gee is, wees gemaklik met jou fotograaf, hulle gaan baie tyd saam jou spandeer op jou groot dag. Maak seker hulle verstaan wat jy wil hê uit jou trou fotos want dit is een dag wat jy nooit weer kan oor doen nie.

Ek hou daarvan om my bruids paartjies te ontmoet so loer gerus na my werk en as jy daarvan hou, kom ons reël vir ‘n koppie koffie…