Drakensbergkloof, D401, Memel Pad Newcastle Kwazulu-Natal
Drakensbergkloof, D401, Memel Pad Newcastle 2940 ZA

Drakensbergkloof is ‘n unieke trou venue met ‘n verskil! Drakensbergkloof is geleë aan die voet van die Kwazulu-Natal bergreeks in ‘n skouspelagtige kloof omring deur majestieuse kranse en spog met talle watervalle , pragtige inheemse woude , verskeie wildspesies en skouspelagtige uitsig! Dit bied elke bruid en bruidegom die geleentheid om vir ‘n naweek hulle troue op ‘n plaas in die natuurskone omgewing te vier. Ons Holkrans kerkie is geleë in ‘n oorhang van kranse en die venue kan 80-300 gaste akkommodeer. Daar is akkommodasie vir ± 70 gaste op die plaas asook akkommodasie vir 60 gaste by ons buurplase.