Geverifieer
Horizon Entertainment
Kuils River, Cape Town, South Africa
62 Palomino Cape Town Western Cape 7580 ZA

Professioneel, Betroubaar en Bekostigbaar

Horizon Entertainment is ‘n maatskappy wat Klank, Music, Ligte en nog feel meer aanbied vir troues, fondsinsamelings, verjaarsdae asook ander privaat en korporatiewe funksies.

Die eienaar van Horizon Entertainment het baie vroeg in die bedryf gekom, hy het dit gedoen deur om te DJ by sy privaat skool se danse en sy vriende se verjaarsdae en huis partytjies. Hy het dit alles op die ouderdom van 14 jaaroud gedoen.

Hy het toe in die tegniese kant van die industrie gekom deur klank by sy plaaslike kerk te doen. Hy het die basiese beginsels geleer en daarna in die bedryf gekom deur onder te begin werk as ‘n verhooghand vir verskeie maatskappye en soo het hy homself op bewys en op die ouderdom van 17 n bestuurder van n mobiele dj maatskapy geword.

Hy het toe sy eie pad gegaan en in 2017 met Horizon Entertainment begin met kapitaal wat hy by sy pa geleen het, wat hy later met ‘n persentasie van sy winste terugbetaal. Hy het hierdie beginstappie gebruik om Horizon Entertainment op te bou na wat dit vandag is.

Vandag funksioneer Horizon Entertainment teen volle sterkte en ons kan ‘n gehalte diens teen ‘n bekostigbare prys lewer terwyl dit 100% betroubaar is.

Ons sien daarna uit om besigheid met u te doen.

Horizon Entertainment 6 maande gelede
Wys 1 resultate