Dis-Chem Wellness Sentrum H/v Kaapweg en 2de Laan, Newtonpark, Port Elizabeth Oos-Kaap
Dis-Chem Wellness Sentrum H/v Kaapweg en 2de Laan, Newtonpark, Port Elizabeth Oos-Kaap

As ‘n geregistreerde Huweliksbevestiger vir meer as 30 jaar, het ek al talle huwelike dwarsoor hierdie mooi land van ons bevestig – godsdienstig en sekulêr, Afrikaans en Engels, formeel en informeel, ernstig en humoristies.

Ek is baie gesteld daarop dat die seremonie aan die paartjie se behoeftes moet voldoen – dit is immers hulle troue en moet wees soos hulle dit wil hê. My aandeel aan hierdie spesiale dag sal spesiaal wees.