Vul asb ons spaarvarkie se pens en nie ons spens..(Geld as trougeskenk)

save-money

Hoe gemaak as ons alreeds ‘n vol huis het en slegs kontant as geskenk vir ons troue wil he?  Baie ouers voel nog dat dit verkeerd is om vir jou gaste vir geld te vra omdat gaste toegelaat moet word om te gee wat hulle wil as trougeskenk maar eintlik is daai dae verby.  In vandag se lewe is daar so baie paartjies wat voor hulle troue al baie lank saam bly of hulle het albei al op hul eie gewoon en het dus al alles wat hulle benodig vir hulle nes dus sal ‘n geldjie in die sak sal hulle behoeftes beter pas om dalk groot goed aan te koop bv. ‘n wasmasjien of om huis te bou.  Dit is nie verkeerd om vir jou gaste te versoek om eerder geld as ‘n geskenk te gee nie. Die bewoording moet net baie versigtig gekies word sodat die versoek nie verkeerd opgeneem word nie of dat gaste nie aanstoot sal neem nie.

 

Hier is ‘n paar rympies wat in die troukaartjies gebruik kan word:

 

*“Sou u ‘n geskenkie wou koop,Spaar u self die baie loop.Bêre die nooitjie in die kas,En kom gooi dit in die huwelikstas!

*“‘n Geskenkie is nie oorbodig, maar ‘n geldjie is meer wat ons benodig.

*“Spaar jou voete die loop, ons sal eerder self wil koop.”

*“Ons huis is propvol liefde, glase, komberse en goed van kant. So indien u kan, help eerder met ‘n paar Rand.”

*“Ons het mekaar, die liefde die blom, maar ‘n geldjie sal help as die swaar tye kom.”

*“Ons nessie is al klaar geveer, maar ‘n geldjie sal ons baie waardeer!”

*“Uit groot waardering vir ons vol spens, versoek ons eerder n geldjie vir ons spaarvarkie se pens!”

*“Ons wil jou nie kul, ons huisie is reeds gevul. ‘n Geskenkie van papier is dus baie welkom hier.”

*“‘n Geldjie in die sak is beter as ‘n geskenkie op die rak…”

 

Daar sal altyd maar gaste wees wat verkies om eerder ‘n geskenkie te gee as geld, dus sal ‘n “gift registry” ook handig te pas kom want dan kan julle vir spesifieke goed vra en gaste kan iets van die lys af kies wat hulle sal sal pas.

Artikel deur Melisandie Blomerus