Warm sjokolade stokkies

Beplan jy ‘n winter troue? Dan sal hierdie oulike en maklik om self te maak geskenkies sal ideaal wees!

Jy benodig:

  • Hout roomys stokkies
  • ‘n Silikon sjokolade pannetjie
  • ‘n ‘ziplock’ sakke
  • Glas bak
  • 250g melk sjokolade
  • 60 ml kakao (gesif)
  • 125ml versiersuiker (gesif)
  • Versiering van jou keuse (pepperment, gekleurde suiker of sprinkels)

Plaas jou sjokolade in die glas bak en mikrogolf tot dit net gesmelt is (moet dit nie te warm maak nie, dan gaan dit brand). Wanner die sjokolade gesemelt is, voeg dan die kakao en versiersuiker by en roer tot gemeng. Jou mengsel gaan nou styf raak.

Skep die mengsel in die plastiese sakkie. Sny die sakkie se hoek af en drup dit in die sjokolade pannetjie. Skud die pannetjie om seker te maak die sjokolade vul die hele spasie. Plaas ‘n stokkie in elke vormpie en versies soos jy verkies. Plaas dit in die yskas tot dit hard is.

Maak kaartjies met instruksies op wat jy aan elke stokkie gaan vassit  –  “warm sjokolade op ‘n stokkie – roer dit in ‘n warm koppie melk in.”

Verpak jou stokkies in ‘n selofaan sakkie! Die resep lewer 4-6 stokkies (afhangend van die grootte van jou pannetjie).

Artikel vanaf Evermine.