Willie & Rumei {romantiese natuur}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Runei Kotze (Kirsten)
  • Naam Van Bruidegom: Willie Kotze
  • Datum en Tyd van troue: 14 Junie 2014
  • Venue/plek van troue: De Uijlenes
  • Aantal gaste: 130

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Almal het sommer gehelp waar hul kan
  • Fotograaf: KintTogether
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Robyn Roberts
  • Bruidegom en mans pakke: Moi Styling
  • Blomme : Opus
  • Dekor: opus
  • Koek: Nelle Cakes
  • Spyseniering: Venue

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Stellenbosch Jool het hy my oog gevang, van daar af kon ons net nie van mekaar af weg bly nie.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: 5.5 jaar
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hermanus op die rotse. Heel onverwags. Dit was nog na die Loerie Awards so ek het min geslaap die vorige aand. Hyt my male toe daardie aand uit gevat, hulle gevra en ‘n sigaar gerook. Dit was September 2013 en die eerste somersdag in ‘n lang tyd, min weet ek dis nie al rede hoekom hy vir ‘n uitstappie Hermanus toe wil gaan nie. Soos ons stap het ons vreeslik stil geraak en woeps op sy knee. Ek was gevul met soveel liefde. My hele liggaam was lam, ek moes letterlik vir myself se om hom net te antwoord. Ek se toe ja. Daarna was dit heel wat soentjie en drukkies. Hy neem my toe op na ‘n restaurant, en daar sit my ouers met trane in hul oe van blydskap en ‘n bottel sjampanje.
    ‘n Besonderse dag.
  • Die troue (van a-z): Ons alby lewe vir die natuur, Willie is ‘n hortoloog en ‘n grafiese ontwerper. Ons wou die natuur binne die venue inbring met ‘n romantiese gevoel. Ek kan met soveel liefde in my hart se dat ons troue gevul was met kleur, glimlagte, en hope liefde. Dit is nie omdat dit alles was waarvan ons gedroom het nie of alles waarvoor ons beplan het nie. Dit was ‘n perfekte dag want soveel onverwagse dinge het gebeur wat dit ons dag gemaak het, meer fantasties as wat ons ooit sou kon droom of beplan. Ons was so opgewonde, soveel so dat ons emotions ‘n warboel was. Ons het gereeld uit gebars van die lag en dan het die trane sommer gerol. Pure genot en ‘n oorval van liefde omdat ons op ons gelukkigste is saam en dat ons so bevoorreg is om dit met mense te deel wat ook vir ons die wereld beteken.
  • Raad vir toekomsige bruide: Moenie te veel probeer doen nie. Vra vir ander om jou te help en as jy nie by iets uit kom nie, dis okay. Julle gaan nogsteeds die tyd van julle lewe he saam.
  • Die beste deel van jul troudag: Toe ek by Willie aankom in die kerk en ek weet, alles is soos dit moet wees. Ek is by jou want ek het jou volkome lief.
%d bloggers like this: