Trou Idees

HOE HET JULLE ONTMOET?

Ons het op tinder ontmoet en ek het geweet hy is spesiaal selfs toe ons op Whatsapp begin gesels. Maar toe ons die eerste keer ontmoet het ek in my hart gevoel hy is my trouman.

HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?

⁠31ste Desember het ons veloof geraak, toevallig op my ouers se 41ste huweliksherdenking. My gunsteling plek is so hoogte waar mense kan parkeer, en dan sien jy die hele stad se liggies. Ek was nog altyd lief vir liggies, en my man het die heerlikste piekniek mandjie gemaak as ‘n verassing, so ons het lekker geëet en toe kom die groot vraag van hom. Natuurlik was dit die beste en maklikste “ja” van my lewe!

WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?

Ons is altwee baie lief vir LEGO, so ons perfekte “date night” is om saam LEGO te bou terwyl ons op die bank sit, ‘n lekker wegneem ete geniet en ietsie op die TV in die agtergrond aan het. Dit is vir ons lekker om saam te wees, te gesels, en net mekaar te geniet.

WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?

Geniet elke fase wat opbou na die troue, die beplanning is so baie en die dag gaan so vinnig verby!

WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VOOR JULLE TROUDAG?

Voor die troudag was ons hoogtepunt ons verlowing, die naweek van die troue was ons hoogtepunt die feit dat almal saam was en lekker gekuier het, en die dag van die troue was ons hoogtepunt toe ons mekaar die eerste keer sien.

WAT WENS JULLE HET JULLE GEWEET VOOR DIE TROUE?

⁠Ek wens ek het voor die troue besef dat mens nie kwaliteit tyd met elke gas individueel regtig kan spandeer op die troue nie, en dat mens nie almal gelukkig gaan kan hou nie. Op die einde van die dag gaan dit eintlik maar oor die paartjie wat trou, en dis belangrik dat die 2 elke oomblik van die troue geniet en inneem!

WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT?

Volgens my het Pieter soveel mooi eienskappe dat dit moeilik is om my gunsteling een te kies, maar definitief sy geduld, verstaanbaarheid, ongelooflike omgee, onvoorwaardelike liefde en konstante ondersteuning, en dan is hy natuurlik vir my die mooiste mens op hierdie aarde; binne en buite!

Venue – Drostdy Hotel, Graaff Reinet

Kos – Drostdy Hotel, Graaff Reinet

Fotograaf – Lens Liefde Fotografie

Grimering – Do-Merié Erasmus

Naels – Helen Malan

Hare – Uysela Smith

Blomme – Mamma Beatie van Daalen 

Trourok – Mamma Beatie van Daalen

Decor – Self, Vriendinne en Mamma Beatie van Daalen

Stationery – Self

Geskenkies – Self en Mamma Beatie van Daalen

En dan natuurlik hulp van my Man, Vriende en Familie om alles te doen!

ons gevorderde soek-enjin