Ons ken mekaar al van skool af. Ons was beide in die Paarl op skool. Van daar af het Heinrich in Potch gaan swot, ek in Pretoria. 11jaar later het ons weer kontak gemaak en was van die eerste oogopslag verlief.
HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?
Ons het saam met “vriende gaan ontbyt”. Intussen het Heinrich se suster en ‘n vriendin vir ons ‘n pragtige sjampanje ontbyt voorberei waar hy my toe gevra het om te trou. Dit was verseker sy “best kept secret”.
WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?
Ons is letterlik mekaar se beste vriend. Alles is ‘n fees saam. Van vakansie hou, draf/oefen, beplan, lag en ‘n wyntjie na ‘n lang dag.
WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?
Geniet elke fase van begin tor einde. Kry ‘n goeie ondersteunings raamwerk op wie julle 100% kan staat maak. Maak tyd op die dag om ALLES in te neem – dit is immers JULLE spesiale dag.
WAT WENS JULLE HET JUL GEWEET VOOR DIE TROUE?
Letterlik hoe om die tyd stil te laat staan – dit is die mees spesiaalste dag.
WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VAN JULLE TROUDAG?
Ons dag was werklik so perfek en geseend van begin tor einde. Dit is moeilik om een spesiale oomblik uit te sonder.
WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT
Heinrich sê: Hoe sy haar liefde uit straal vir my en dat ons alles saam kan doen.
Coeleen sê: ‘n Groter gentlemen en opregte man het ek nog nooit voorheen ontmoet nie. Sy liefde vir sy geloof, vir my en almal om hom is onbeskryflik.