Trou Idees

HOE HET JULLE ONTMOET?

Hy sê: Ek het in 2015, getrou aan die tradisie, Innibos bygewoon. Ek het by een van my beste vriende gebly. Nog voor sy sussie se aankoms het ek vir my beste vriend gesê – “Ek gaan eendag met jou sussie trou”. Sy reaksie hierop – “Enige iemand behalwe my suster”. Dis 5 jaar later en ek noem hom vandag swaerie. 

Sy sê: Met my aankoms by Innibos 2015 het ek ‘n knaende mannetjie ontmoet. Ek het dadelik geweet hierdie is die tipe mens met wie ek ‘n lang pad kan stap. Min het ek geweet dat dit “my mens” sou word. Ons was dadelik beste vriende. Wat ‘n voorreg om met my beste maatjie te kon trou.

HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?

Desember vakansie 2019 vlieg ons af Mosselbaai toe. Min wetende dat die man groot planne het. 

Op 2 Januarie 2020 klim ons op ‘n helikopter oppad na ‘n ontbyt op ‘n duin in Hartenbos. 

Met ‘n go pro wat alles afneem in die bos – sak hy af op een knie en vra die groot vraag. 

Vir ‘n nie so romantiese man – het hy baie goed gedoen!

WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?

Ons boer so ons geniet die natuur vreeslik baie. Ons top 3 is – 

* Om die son sak saam op die damwal te kyk. 

 Om op ‘n Sondag die kanaal pad te gaan ry en te gesels oor dit wat die week vir ons inhou en ons drome. 

* Om Binnelanders te kyk. Dit word nie sommer gemis nie!

WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?

Hy sê: Moet nie jou ore uitleen vir die publiek nie. Doen wat jóú hart begeer. 

 

Sy sê: Moet nie die dag ingaan om die foute raak te sien nie, want dan gaan jy niks geniet nie. Niemand weet wat moes dit gewees het nie. Neem in wat alles daar is en waardeer dit net soos dit is, want dit is perfek

WAT WENS JULLE HET JUL GEWEET VOOR DIE TROUE?

Dat dit lockdown gaan wees. 

Joke – Dat mens die laaste 2 weke voor die troue alles bevraagteken. Mens wonder selfs hoekom het jy ja gesê vir hierdie man… Die laaste 2 weke was baie stresvol en gemoedere was hoog. 

Maar beslis die moeite  werd!!!

WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VAN JULLE TROUDAG?

Hy sê: Toe sy by die kerk ingestap het. 

Sy sê: Toe my pa my kom haal het. 

Toe ek by die kerk instap.

Toe ek en my bruidsmeisies ons dans vir die manne gedoen het.

WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT

Hy sê: Haar omgee hart. Dit iriteer my ook eintlik want sy wil altyd almal en alles help. Mens moet soms ‘n streep trek… 

Sy sê: Sy dryfkrag om ‘n sukses van sy boerdery te maak. Sy mooi bene is ook nice om na te kyk…  

#MalMallerMOLL

Trou Rok: Fynbos Bridal Boutique 

Bruid Skoene: Blu Betty 

Bruidsmeisies Rokke: Perfect Gifts 

Bruidsmeisies Skoene: Te Fraai Diena

Pakke: Eurosuit Parkview

Skoene: Old Khaki 

Stationary– Perfect Gifts 

DJDiscotech 

Fotograaf

RG Photography

VenueKuungana Bush Lodge

Trou Idees