
HOE HET JULLE ONTMOET?
Ons het ontmoet by my verjaarsdag in Maart net voor Covid, ons het n lekker kuiertjie gereël saam vriende en hy het saam met sy neef gekom met wie ek reeds al bevriend was.
Ek was al klaar verlief op die man😂
HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?
Ons het verloof geraak by Nima Lodge in Wilderness. Bitter onkant gevang, maar die mooiste uitkyk!
WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?
Ons geniet dit om saam see toe te gaan. Saans as almal weg is, kyk ons na die branders en gesels sommer net oor alles. Asook hiking in Kleinmond.
WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?
Geniet die seisoen, dit is so vinnig wat mens dit miskyk en die hele avontuur nie sien nie. Dis lekker om saam besluite te neem en te sien hoe elkeen se siening verskil, dit leer jou om n middelpunt te bereik as n span.
WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VOOR JULLE TROUDAG?
Om te weet ons langafstand iets van die verlede gaan word en ons bymekaar gaan wees na amper 5 jaar se langafstand.
WAT WENS JULLE HET JULLE GEWEET VOOR DIE TROUE?
Dat ander se opinies regtig nie tel nie, almal gaan deur hulle eie fases en dat stres nie die opsie is nie, lag oor die ernstige dinge voor die stres jou oorval. Jy sal sien dat kommunikasie en oopkop bly jou baie verder gaan vat. Ons het amazing verskaffers gehad wat ons ervaring ‘n droom laat vaar het!
WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT
Elandri oor Innes: Sy sagte geaardheid en menswees. Hy helder regtig die vertrek op met sy wese daar. Hy laat my altyd op my gemak voel en hy het die rustigste geaardheid, maar ook so avontuurlustig!

Hare en Grimering: Clarita Smit
DJ: DJ Wolf
Fotograaf: Inecke Photography
Trou Dekor: La Joy en Story Hire
Trourok: Richelles Bridal
Koek: Skoonma en Skoonpa❤️
Innes se baadjie: Mr Suit Hire
Kos: Boland Spitbraai
Wyn: Swartland Wynkelder