Trou Idees

HOE HET JULLE ONTMOET?

Ons het 6 jaar terug in ’n restaurant ontmoet. Ek het daai tyd nog studeer en het net klaar gemaak met my eksamen en was daar saam ń groep vriendinne. Hy was uit saam met sy vriende. Ons tafels was oorkant mekaar en ek en Tijan het heel aand vir mekaar gekyk. Ons albei was ewe gespanne om met mekaar te praat. Gelukkig het hy met my kom praat en die res was geskiedenis!

WAAR HET JULLE GETROU?

Pat Busch – Robertson
16 September 2023 

WAT WAS DIE HOOGTEPUNT VAN JULLE TROUE?

Ons het ń naweek troue gehad, dit was ongelooflik lekker om al die vriende en familie bymekaar te sien en te weet almal is daar om saam met jou die dag te vier. Ons het gefokus om ń lekker groot feesviering te hê en nogsteeds die spesiale dag saam te vier. Die dag gaan so vinnig verby ons het elke oomblik gekoester. 

WAT SOU JULLE GRAAG ANDERS WOU DOEN TYDENS DIE TROUBEPLANNING EN TROUDAG?

Ons het verloof geraak Desember 2021, ons het vir ons self genoeg tyd gegee om die perfekte troue te beplan. Iets wat ek wel sou anders wou doen was iets totaal buite ons beheer. Die weer. Mens sal dink in September sal dit bietjie warmer wees. Ons dag was baie winderig en koel. Al die spanning was elke oomblik werd. Alles gaan uit werk soos dit moet. Niemand gaan weet as alles nie perfek uitdraai nie. Vat jou tyd om jou troue te beplan, julle gaan dan tog die res van julle lewens saam spandeer. 

WAT WAS VIR JULLE 'N UITDAGING EN HOOGTEPUNT VAN DIE EERSTE JAAR AS GETROUDE PAARTJIE?

Ons het in 2024 ons eerste huis gekoop en terselfde tyd ons eerste hondjie gekry. Ek sal sê die grootste uitdaging was om te trek en dan natuurlik ook die aanpassing van ń nuwe hondjie. Die hoogtepunte was virseker hoe nader ons aan mekaar beweeg het tydens die uitdagings en hoe dit ons huwelik net sterker gemaak het. 

AS JULLE EEN TIP HET VIR PASGETROUDE PAARTJIES, WAT SAL DIT WEES?

Luister werklik na mekaar moet nie net “hoor” nie. Moenie mekaar ophou “date” nie en kommunikeer ALTYD.