Trou Idees

HOE HET JULLE ONTMOET?

Ons was altwee genooi na ‘n braai toe deur gemeenskaplike vriende van Kimberley.

HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?

Ons het vroeg die oggend om en by 04:00 Winterton toe gery vanaf Clarens. JD het ‘n helikopter rit vir ons gereël. Ons het oor al die Drakensberge gevlieg en op een van die berge geland. Na die uitsig gekyk en toe ek omdraai staan JD op een knie.

WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?

Ons geniet alles wat ons saam kan doen, van familie en vriende kuiers tot voor die TV lê en “chill”.

WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?

Geniet elke oomblik van verloof wees, dis net so lekker soos die getroude lewe. Die tyd gaan vinnig verby, moenie dit omwens nie, want mens mis daai fase ook.

WAT WENS JULLE HET JUL GEWEET VOOR DIE TROUE?

Ons wens ons het geweet hoe vinnig die aand van die troue REGTIG gaan, al het mense ons voor die tyd gewaarsku. Mens kan dit nie werklik indink tot die oomblik wat dit verby is nie.

WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VOOR JULLE TROUDAG?

Die dag van ons verlowing, 8 Desember 2023.
Die dag toe ons ontmoet het, 28 Januarie 2022.

WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT

Chanté oor JD:
– sy liefde & sorg vir my
– ⁠sin vir humor
– ⁠hardwerkendheid
– ⁠loyaliteit en getrouheid
– ⁠respek
– ⁠omgee

JD oor Chanté:
– Sy het hope respek vir my
– ⁠Haar ondersteuning is alles wat ek doen
– ⁠Ongelooflike volwasse
– ⁠Sy is altyd eerlik al is dit nie altyd maklik nie
– ⁠Sy stel ander mense altyd eerste
– ⁠Uitstekende werksetiek

Venue: Verkykerskop, Vrystaat
Make-up: MUArtistry (Mariëtte Marais)
Rok: Coco Lace, Benoni.
DJ: V&E Entertainment
Dekor, koek, stationery: Só Lief (Bianca Pieters)
Fotograaf: Ilana van Zyl Photography