Trou Idees

WAT WAS DIE INSPIRASIE AGTER JOU PARTYTJIE TEMA?

Toe ek jonger was het ek altyd net mooi ingepas, gedoen wat ek moet doen en noot aandag probeer trek nie. In my laat 20s het ek getrou, mamma geword en gevoel ek is nou gelukkig met myself en wat ek al alles bereik het. So toe ek 30 word wou ek net die lewe vier en het besef mens hoef vir niemand of niks terug te staan nie. Be Bright and Beautiful, doen wat jou gelukkig maak en moet nie stres oor wat ander mense van jou dink nie.

WAT HET JY GELEER IN JOU 20's?

Moet nie jouself opwerk oor die dinge wat jy nie kan verander nie. Ons almal is net mens, so doen jou bes en die res sal in plek val. Jy moet op so manier leef dat jy rustig wakker raak in die oggend en nie hoef wakker te skrik en dadelik al die stres van die wêreld op jou skouers hê nie. Jy gaan ook nooit 100% gelukkig wees in jou beroep nie, so werk aan jou huis, gesin en vriendekring sodat jy in jou af tyd kan ontspan en energie opbou vir die moeilker dae.

WAARNA SIEN JY UIT IN JOU 30's?

Om hopelik weer mamma te word, nuwe uitdagings in my beroep as argitek te kan aanpak en my klein besigheid (side hustle) tot sy volle potensiaal te kan dryf. Ek sien ook uit om my kinders op die plaas groot te maak en as ‘n gesin lekker dinge te doen tussen die gejaag van die lewe deur. Ons vind nou ons voete, so die jare vorentoe gaan interessant wees.

WAARVOOR IS JY DANKBAAR?

Ek is dankbaar vir my gesondheid, dat ek elke oggend kan opstaan en doen waarvoor ek lief is. Ek is dankbaar vir my geliefdes wat deur dik en dun bymekaar staan al gooi die lewe die moeilikste uitdagings soms op die pad.

WAT IS JOU GUNSTELING AANHALING?

“Ons kap aan, ons kap nie om nie”
“We grow through what we go through”

WATTER LIEDJIE SAL JY SÊ BESKRYF JOU LEWE HUIDIGLIK DIE BESTE?

Liewe Lewe van Laurika Rauch

MAAK JY 'N GROOT VIERING VAN ELKE VERJAARSDAG, OF NET DIE GROOTTES?

Nee, beslis nie. Maar ek is mal oor dinge reël en ontwerp, so ek val by genoeg partytjies in agter die skerms om dai lus vir vieringe in toom te hou.

Blomme – For Louise Floral Design 
Dekor – Alles self gedoen en ontwerp: Fyn Lyn Ontwerpe
Fotograaf: Lens Liefde Fotografie