HOE HET JULLE ONTMOET?
Ons het mekaar ontmoet deur vriende en was van daar af net vriende vir 8jaar. Ons het elkeen ons lewens paaidjies gestap. Ek was vir 3 van die 8jaar oorsee. Toe ek terug gekom het het ons besef ons is dalk meer as net vriende en dat ons die lewens pad saam moet stap.
HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?
Marchant het my verras met n naweek weg vir ons verjaarsdae in Dullstroom min wetend dit was vir iets baie meer spesiaals as net ons verjaarsdae.
WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?
Ons geniet dit om te toer en ondersteun mekaar in ons stokperdjies oor naweke. Ons geniet ook n wegbreek by n spa oord van tyd tot tyd.
WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?
Gebruik hierdie tyd om mekaar tenvolle te leer ken en maak seker julle doelwitte vir die toekoms stem ooreen. Doen n voor huwelikse berading kursus sodat julle presies weet hoe die ander persoon dink en hoekom hulle optree soos wat hulle doen.
Geniet ook elke oomlik van die nuwe seisoen in julle lewens. Bid saam oor elke besluit en stap wat julle neem.
WAT WENS JULLE HET JUL GEWEET VOOR DIE TROUE?
Niemand weet wat jou beplanning is vir jou trou dag nie so alles hoef nie perfek te wees nie.
Om gereed te wees vir die stress en emosies die laaste maand voor die troue. Die belangrikste is alles sal reg uitwerk.
WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VAN JULLE TROUDAG?
Om te weet dat alles wat ons troudag behels het, het ons self beplan en saam oor besluit.
En ook so ons wittebrood saam te beplan.
WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT
Marchant oor Shanei: Dat sy n suksesvolle, sterk, aangedrewe vrou is.
Shanei oor Marchant: Dat hy my emosies altyd eerste sit en presies weet hoe om my te hanteer. Hy neem lyding in n moeilike situasie.
Fotograaf: Unveil Photography (Linita)
Grimering: Makeup by Hayley
Hare: 4 Seisoene Salon (Maritza)
Rok: Engela Tromp Lily Fields
Mans se pakke: Mysteries Middelburg
Venue: Privaat
Dekor en Blomme: Self gedoen deur Bruid en haar ma (hulle doen troue dekor in en om die area)