Trou Idees

HOE HET JULLE ONTMOET?

Ons het een Sondag aand by ‘n ‘open mic’ night ontmoet deur ‘n vriend. Dit was ‘n lang naweek en ons almal het uitgegaan die Maandag om bietjie te kuier. Ons het nommers uitgeruil nie met die wete om mekaar weer te sien nie.

Ons het begin praat en heen en weer gekuier en ‘movie’ aande gehou wat uitgedraai het tot 4 uur die oggend se kuier waar ons net gesit en gesels het oor alles in die lewe. 8 maande later het ons besluit om dit offisieël te maak. (1 April 2018)

HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?

Wimpie het een middag vroeër van die werk af gekom, terwyl ek by ‘n nael afspraak was. Toe ek by die huis kom, was die hele huis in LED liggies bedek, daar was hartjie balonne orals vasgemaak en kerse wat aangesteek was van die voordeur tot in die sitkamer.

Hy het ingeloop en al senuweeagtig ‘hallo’ gesê en gevra hoe my dag was, asof daar niks aangegaan het in die huis nie. Hy het afgegaan op sy knieg en my vertel hoe lief hy my het, asook dat hy die res van sy lewe saam my wil spandeer en toe die groot vraag gevra. Needless to say ek het ja gesê voor hy nog gevra het! (January 2020)

WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?

Ons doen alles saam.

Van kos maak,

nou en dan gaan stap,

nuwe koffie en koek plekke ontdek,

tot series saam kyk.

WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?

Kommunikasie. Ons glo kommunikasie is een van die grootste faktore in ‘n verhouding, Wees altyd eerlik met mekaar oor alles al is dit iets klein.

Vetroue. Jy moet jou maat kan vetrou met alles in jou sonder twyfel.

Doen moeite met jou maat, moet nooit ophou die klein spesiale goedjies te doen nie. Dit is op die ou end wat mens deur moeilike tye kry. Hou jou maat maar altyd in jou gedagte, as jy iets doen dink aan jou maat en hoe hy./sy daaroor sal voel.

WAT WENS JULLE HET JUL GEWEET VOOR DIE TROUE?

Dat mense nie lieg as hulle se jou troudag gaan baie vinnig verby nie.
 
Sit so R3000 tot R5000 eenkant vir ekstra goed wat altyd onthou word last minute.

WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VAN JULLE TROUDAG?

Ons ablei se hoogtepunt was toe ek in die aisle afloop en hom daar sien staan, dit was asof alles om ons net stil geraak het en daar niemand was nie. Dit was die mees perfekte oomblik vir ons gewees!

WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT

Wimpie van Megan: Sy het n groot hart en sy gee vrek baie om, sy wil altyd seker maak ek voel beter as ek ‘n slegte dag gehad het. Sy tree op soos my beste vriendin en vrou in een. Sys altyd daar in die moeilike tye en dit maak die lekker tye soveel meer spesiaal om dit met haar te deel.
 
Megan van Wimpie: Ek is mal daaroor dat ek myself kan wees rondom hom en dat hy lief is vir my net soos ek is. Hy hanteer my soos n prinses even op my moeilike dae, hy laat dit nooit soos ‘n issue voel as ek moeilik is nie. Hy het die sagste hartjie maar tog is hy die man en hoof in die huis. Ook die feit dat hy my beste vriend is en ek enige iets met hom kan deel.

Venue: Greenhouse Cafe
Fotograaf: Mighty Fine
Trourok: Johan Botha Fashion Design
Suit: London Royal SA
Bruid se ring: Poggenpoel Custom Engagement Rings and Fine Jewellry
Bruidegom se ring: Touchwood
Koek: SugarTree Bakery
Skryfbehoeftes: Die Bruid het al haar skryfbehoeftes self ontwerp en die Bruidegom het ook gehelp om alles te sny, gom en plak.
DJ: Sonic State Productions
Fairy Lights: Softlight Events
Grimering en Hare: JB Makeup School/Studio/Team
Naels: LovellaRoza Nail & Beauty
Beplanning van Blomme: Bloom Collective
Blomme: Veldmeisie (Corli Leonard)
Dekor: Bloom Collective Decor (Die Venue het van die dekor verskaf)

Trou Idees