Trou Idees

HOE HET JULLE ONTMOET?

My woonstel maat het ons aan mekaar voorgestel, ons was eers vir ‘n ruk lank pelle en toe sê Nic vir my hy is verlief op my.

HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?

Nic het sy woonstel vol kersies en roosblare versier met ‘n lekker champagne en my daar verras, en toe het ons Cattle Baron takeaway bestel.

WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?

Alles!! Bid, bad, wyn drink en lag

WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?

Geniet elke oomblik en al die aandag!! En neem dit in en geniet dit saam. Dit is die heel beste tyd en dit vlieg verby.

WAT WENS JULLE HET JUL GEWEET VOOR DIE TROUE?

Dat jou troudag bitter vinnig verby gaan, so geniet dit en neem elke oomblik in.

WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VAN JULLE TROUDAG?

Beslis ons eerste dans

WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT

Dat hy my soos die spesiaalste vrou in die wêreld laat voel / The way she makes the world come to light.

Venue: Eureka Estate

Fotograaf: Dune Kahlau Photography

Trourok: Elizabeth Wedding Gowns

Makeup: Minke Meissenheimer

Hare: Elaine van Putten

Die res het die venue gedoen

Trou Idees