Trou Idees

HOE HET JULLE ONTMOET?

Ons het Julie 2023 ontmoet.

Petré, was opsoek na ‘n nuwe hondjie en Marinel het ‘n werpsel Worshonde beskikbaar gehad. Ons het in kontak gekom om die worsie se koop af te handel – ons het mekaar toe halfpad gekry en só het ons onsself in ‘n trans uitgevang na 8ure se koffie en gesels. En dis presies waar albei van ons besef het dit gaan toe meer as net die worsie. Petré het op dieselfde dag planne gemaak om Marinel ASAP weer te sien. Totsiens sê was daai dag maar baie moeilik vir ons al twee!!!

HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?

Marinel, het van niks geweet nie. Dit was ‘n baie groot geheim gewees vir haar. Sy het niks verwag nie. Alhoewel al haar familie van alles geweet het. Almal het die verlowing ‘n geheim gehou.

Hoe het Petré haar gevra:
Ek het vir Marinel gesê van ‘n fotograaf wat ek ken in Ballito, waar ons Kersfees en Nuwejaar gaan spandeer het, 2023 in 2024 in. So het ek vir ons ‘n “photoshoot” beplan op die strand. Sonsopkoms “shoot”. Toe die wekker 04:00 afgaan, het dit buite gereën, maar ons het albei besluit om deur te druk met die omstandighede (dankie tog daarvoor, minwetend💍). Thompsons Bay, die strand, was waar ek haar gevra het, op ‘n hoë uitkyk punt oor die see. Die reën was ‘n positiewe bysaak want ons sien dit as groot geluk en seëning. Sy het gedink dis ‘n doodgewone “photoshoot” en toe eindig dit in ‘n baie spesiale verlowing. Grootste oomblik van ons lewens.

Hoogtepunte voor verlowing:
Alles. Elke gesprek. Elke kuier. Hoe alles spontaan na ons verlowing toe verloop het is “insane”. Ons het baie “roadtrips” saam gedeel en mekaar op so manier nog beter leer ken. Die hoogtepunt was om te besef dat ons twee nie sonder mekaar hierdie ervarings wil beleef nie. Ek het besef dis presies wat ek wil hê in ‘n vrou en tyd het dit net meer bevestig.

Ek het self op die ring besluit. Carlo Hayes was die ontwerper van haar ring. Dis ook waar Marinel my ring laat maak het. Haar ring was toe ontwerp presies soos wat ek dit wou gehad het. Sy sê dat as sy self die ring ontwerp kon kies, sou sy NIKS verander het nie. Sy “love” dit. Dit pas perfek by haar.

WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?

Ons het direk na ons verlowing al my (Marinel) se meubels stukkie-vir-stukkie begin plaas toe trek. Ons het 4 1/2 ure van mekaar af gebly voor die troue. So dit was baie lang en ver ritte met “trailors”. Maar dis die beste advies om voor die troue al te trek, want die dag toe ons by die huis kom na ons troue, was ons huis 100% gemeubeleer en reg om saam te bly.

Ons het nie saam gebly voor die troue nie.
Ons het direk NA die verlowing, en VOOR die troue, ons hele huis oor geteel en gebou en breek soos ons dit wou hê.

So die dag toe ons saam in trek. Was die huis 100% gereed vir ons om baie lekker saam te bly.

WAT WENS JULLE HET JUL GEWEET VOOR DIE TROUE?

Almal wonder en stres altyd oor hoe hulle troudag se weersomstandighede gaan lyk.

Ons het in Mei maand getroud, 2024.
Dit was die BESTE maand gewees, want die kans vir reën is skaars, dis nie te warm nie, en dis nie te koud nie. Veral in Hartbeespoort.

Trou beplanning gaan so vinnig verby. Mens moet elke oomblik van dit geniet en nie te veel stres nie. Ek (Marinel) het my gefokus gehou op die troudag en waaroor dit eintlik gaan. Betrek jou verloofde (die man) met beplanning, want ons vrouens moet onthou, dis vir hulle ook ‘n groot dag van hul lewens. Die mans hoef nie alles te weet nie 😂😂😂😂, maar ‘n BIETJIE raad van hulle kant af, kan net help en jou rustiger laat voel met die wete van wat hul ook sal wil hê of sou doen.

Alles het baie mooi in plek geval met my (Marinel) se wonderlike verskaffers. Ek het almal vooraf gekontak, hulle almal ‘n paar keer gaan besoek en alles haarfyn beplan vir die troudag.

 

WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VAN JULLE TROUDAG?

Die opbou van opgewondenheid van ons albei se kant af, om mekaar die volgende dag vir die eerste keer weer te sien na die lang tyd om mekaar nie te sien nie.

Hoe pragtig Marinel gaan lyk.

Die hoogtepunt was om te besef dat ons twee nie sonder mekaar hierdie ervarings (‘n huwelik) wil beleef nie. (Petré) het besef dis presies wat hy wil hê in ‘n vrou en tyd het dit net meer bevestig en hy kon nie langer wag vir ons troudag nie. Só natuurlik, ook Marinel.

WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT

Ons deel alle eienskappe. Alles. Soos in alles. Ons is presies dieselfde mens en het alles in gemeen. Ons denke is dieselfde. Albei se sin vir humor is dieselfde. Selfde waardes. Selfde toekoms planne. En dit is wat maak dat ons mekaar baie mooi verstaan en ooreenstem oor goed. Ons het ‘n baie goeie balans in ons lewe. Moeite bestaan nie, alles is spontaan en opreg.

My hele lewe lank het ek gedroom oor ‘n man wat my so sal opbou, sag hanteer, respekteer, altyd liefdevol en vol grappies is – dit sal ook die beste uit my uit bring om net so goed vir hom te wees en hy maak dit baie maklik vir my.
Hy is ‘n Godvresende man met ‘n opregte & eerbare hart. Hy loop oor van dankbaarheid & hy het so baie deernis vir ander.
Sy soeke na ‘n wonderlike lewe saam my, inspireer my! Dit is maklik om onder hom te “submit” want ek vertrou hom met alles in die lewe, elke groot keuse ens…
Om hom lief te hê is ‘n eer, een wat my laat glimlag & terselfde tyd my oë vol trane laat skiet van pure dankbaarheid.
Ek het baie goeie oomblikke saam met hom – na byna 6 maande van getroud wees, bewonder ek hom meer as ooit…en oor nog 60 jaar sal ek steeds.

Albei se ringe: Carlo Hayes
Venue: Artelier
Kos: Artelier
Hare en Grimering: Canvas Makeup Artistry
Rok, veil, skoene en kousband: Vonvé Bridal Couture
Dekor: The Love Knot
Skryfbehoeftes: Piekfijn
Fotograaf & Videograaf: Mona-Liza