Trou Idees

Sisterhood Joernaal

R199.00

’n Spesiale joernaal wat van vrou tot vrou deur Suid-Afrika reis… elkeen los ’n stukkie van haar hart daarin.

Hierdie is nie net ’n boek nie – dis ’n veilige plek vir eerlike stories, gebede, drome, uitdagings en oorwinnings. Elke deelnemer kry die geleentheid om vir ’n week lank deel te wees van iets groter – ’n regte sisterhood.

Wat is ingesluit:

  • Die reisende joernaal
  • Scrapbook stickers, papier en al die nodige goodies
  • ’n Klein sisterhood geskenkie
  • Koerier via PUDO lockers

Hoe werk dit:
Ons maak dit vir jou super maklik en moeitevry!
Jy ontvang ’n PIN-kode by ons waarmee jy die joernaal by ’n PUDO locker kan gaan optel.

Jy het die joernaal vir ’n week – skryf jou storie, deel jou hart en versier jou bladsye met alles wat ons vir jou gee.

Daarna plaas jy dit weer in die locker met ’n nuwe PIN-kode wat ons vir jou stuur, sodat die volgende vrou dit kan gaan haal.

Hoekom dit doen:
Want elke vrou het ’n storie wat saak maak…
en hierdie is ’n mooi manier om mekaar te dra, al ken ons mekaar nie.

Bonus:
Aan die einde van die reis deel ons die hele joernaal digitaal met almal wat deel was daarvan 🤍

Sluit vandag nog aan by hierdie unieke sisterhood reis…

ons gevorderde soek-enjin