Trou Idees

HOE HET JULLE ONTMOET?

Ons het tydens die Covid-19 Pandemie in 2020 tydens ons tweede jaar op universiteit ‘perongeluk’ op Instagram ontmoet. Ek (Leané) het iets op my Instagram story gesit waarop Stephan ‘perongeluk’ reply het. Ons het toe van daar af gesels en mekaar leer ken. Ons het eers baie goeie vriende geword (intussen ook uitgevind dat ons saam klas gehad het in ons eerstejaar) en mekaar vir die eerste keer in persoon ontmoet so paar maande later by ‘n braai by een van Stephan se vriende se woonstel. Ons het mekaar goed leer ken en na ‘n paar maande besef dat ons eintlik van mekaar hou, meer as net vriende and the rest was history! Ek is so dankbaar dat ek met my beste vriend kon trou!

HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?

Ons het in Desember 2023 op ‘n road trip gegaan, en ek was vreeslik opgewonde en onder die indruk dat Stephan my gaan vra om te trou in die Kruger Wildtuin. Tot my hartseer het dit nie daardie Desember gebeur nie. Ons het al van 2020 af gesê dat ons Sleeping Beauty (‘n bekende berg in Riversdal) gaan uit klim, maar nooit tot op die punt gekom om dit eintlik te doen nie. 4 Jaar later op die 18de Februarie het ons uiteindelik besluit vandag is die dag. Die eerste stukkie het my skoonouers saam gestap en toe na ‘n rukkie besluit hulle kan nie verder saam stap nie, maar ek en Stephan was vasbeslote om die berg uit te klim. Dit was BAIE warm en BAIE vêr en na ons amper besluit het om, om te draai het ons bo uitgekom! En dit was perfek, daar was nie ‘n wolk in die lug nie, die uitsig was iets vanuit ‘n droom. Ons het so bietjie gesit en gesels en toe besluit ons gaan fotos neem en dan weer terugkeer huis toe. Stephan het aangedring dat ons die kamera op timer moet sit om ‘n foto saam te neem, wat vir my vreemd was omdat hy nie ‘n groot foto mens is nie, maar hy sit toe die foon teen ‘n rots neer en die timer gaan af. Toe ek weer sien toe is hy af op sy een knie en vra my om te trou. Dit was die beste dag van my lewe! Alles was net perfek en hy het toe alles op die ou eind op ‘n video gekry. Ons was in die sewende hemel, minwetend dat daar nog vir ons 5 ure voorlê om af te stap van Sleeping Beauty af voor ons die nuus kan breek! Ek kon nie vir ‘n meer perfekte dag, oomblik en man vra nie, dit was so intiem en so spesiaal ek sal daardie oomblik en gevoel vir niks verruil nie.

WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?

Ons is albei ‘homebodies’ so ons geniet dit verskriklik baie om saam op die bank te sit en ‘n goeie series te kyk. Ons gaan ook een keer ‘n week op ‘n date night en gunsteling plek om heen te gaan is die Kruger Wildtuin. Ons hou ook daarvan om saam te gaan oefen.

WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?

Neem die verlowingstydperk alles in. ‘n Mens kan so weg raak in al die troubeplanning dat jy nie eers ‘n sekonde vat om stil te word nie. Dit is ook baie belangerik om mekaar se opinies in ag te neem wanneer dit kom by die troue, onthou dit is julle altwee se troue.

WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VOOR JULLE TROUDAG?

Ek dink net om al die beplanning klaar te hê en die laaste bietjie tyd saam te kon spandeer as verloofdes was baie spesiaal gewees. Die Here het net ons harte rustig gemaak in daardie tydperk en ons was so opgewonde vir ons spesiale dag.

WAT WENS JULLE HET JULLE GEWEET VOOR DIE TROUE?

Ons wens ons het na almal geluister wat gesê het ‘die dag gaan so vinnig verby.’ Die dag het werklik vinnig verby gegaan dit was ‘n groot skok, die een oomblik geniet jy jou gate uit en dan is dit verby. Ons wens ook ons het geweet hoe duur dit eintlik gaan wees, maar ons is nie spyt oor enigiets nie en sal niks wou verander aan ons perfekte dag nie.

WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT

Leané oor Stephan: Stephan se passie vir alles wat hy doen en lief het is vir my ‘n ongelooflike eienskap. Hy werk so hard vir dit wat hy wil hê en pak alles met ‘n groot glimlag op sy gesig aan. Hy hanteer almal met respek en is altyd gewillig om ander te help en het ook ‘n baie groot liefde vir diere en sy familie. Om hom te sien groei in sy geloof en hoe groot sy liefde vir die Here is, is ook vir my ‘n baie besonderse eienskap van hom.

Stephan oor Leané: Leané se vriendelikheid en die manier hoe sy elke vertrek kan ophelder waar sy is. Sy is altyd gelukkig en wil altyd die beste vir ander hê. Sy gee baie om vir ander en het baie simpatie en empatie vir ander. Sy is baie lief vir diere, die natuur en haar familie en sy hou altyd vas aan die Here en Sy woord.

Fotograaf + Videograaf: The Farmers Photography & Film 

Venue: Privelistea Venue Jongensfontein

Dekor + Blomme: La Flor Events Swellendam

DJ: Charles du Preez (Just For You Productions)

Kos: Spritbraai Functions

Koek: Lara’s Cakes Stillbay

Kolwyntjies: Edlia’s Kitchen Riversdal

Grimering: Mia Taylor Make-Up & Lashes

Hare: Nelmarie – Meraki Hair Riversdal

Rok: Cayla’s Bridal Boutique

Ring: Lailah & Co

Stephan se ring: Woodish SA

Bruid se Akkommodasie: Amazing Modern House Jongensfontein

Bruidegom se Akkommodasie: Alicrons Jongensfontein

Waaiers & Spyskaarte: Blossom Beez 

Neon Lig: Lumenlazer

ons gevorderde soek-enjin