HOE HET JULLE ONTMOET?
Ons het op Hinge ontmoet. Ek was net sowat twee uur op die app toe ek en Garrick gematch het. Ons eerste date was ongelooflik— ons het vir amper 5 ure gesels!
HOE HET JULLE VERLOOF GERAAK?
Deur die loop van die dag het verskeie mense vir my geskenke van hom af gegee. Daardie aand het hy my met ‘n ete by een van my gunsteling restaurante verras, en toe ons terug by sy woonstel kom, was die kamer versier met roosblare en kersies.
WAT GENIET JUL OM SAAM TE DOEN?
Ons geniet dit om bordspeletjies te speel en saam aktiwiteite te doen soos saam kook. Ons is ook baie lief daarvoor om vriende en familie te gasheer.
WATTER ADVIES HET JULLE VIR VERLOOFDES?
Onthou dat julle troue gaan oor julle huwelik en die begin van ‘n lewe saam. Moet nie dat die druk van beplanning en die dag self die betekenis van die oomblik oorskadu nie. En op die dag van julle troue, probeer om deur die dag “snapshots” van die oomblikke te neem. Maak ‘n punt daarvan om so teenwoordig as moontlik te wees!
WAT WAS VIR JULLE DIE HOOGTEPUNT VAN JULLE TROUDAG?
Die liefde en ondersteuning wat ons van ons familie en vriende ontvang het, was ongelooflik. Ons was oorweldig deur hoe opgewonde almal saam met ons was. Ons het ook ons huweliksvoorbereidingsessies baie geniet – dit het betekenisvolle gesprekke aan die gang gesit wat ons nóg nader aan mekaar gebring het.
WAT WENS JULLE HET JULLE GEWEET VOOR DIE TROUE?
Hoe vinnig die troue en die “verloofseisoen” verbygaan. Dit is so maklik om uit te sien na die getroude lewe dat jy die skoonheid en opwinding van die verloof fase kan mis.
WATTER EIENSKAPPE HOU JY DIE MEESTE VAN IN JOU MAAT
Xandri oor Garrick: Ek is mal oor Garrick se intelligensie en sy opgewondenheid vir die lewe. Sy selfvertroue help my om braver te wees en groter te droom en te lewe!
Garrick oor Xandri: Ek is mal oor Xandri se sagte hart en haar diep liefde vir mense en die lewe. Haar kreatiwiteit inspireer my en maak my self meer kreatief.
Venue & Blomme/Dekor: The Nut Farm Venue
Rok: Sila Bride
Make up: Beauty by Rica
Koek: Dirty Peach Cake Boutique
DJ: Xtreme Events
Fotos & Video: Anne Grace Photography