Trou Idees

Die rolle van die gevolg

Die hoof Bruidsmeisie

  • Hou die bruidegom se ring (as daar nie iemand is wat ringe inbring nie).
  • Maak seker die bruid se sluier en rok is ten alle tye reg en mooi.
  • Hou die bruid se ruiker tydens die seremonie.
  • Help die bruid met die uitsoek van haar rok.
  • Verskaf haar mates vir die maak/aankoop van haar  bruidsmeisie rokke.
  • Help met die reëlings van die kombuistee sowel as die henne partytjie.
  • Help die bruid om reg te maak op haar troudag.
  • Betaal vir haar bruidsmeisie rok, skoene en bybehore.
  • Voorsien haar eie vervoer en akkommodasie na en vanaf die troue.
  • Help die bruid met take en pligte.
  • Neem deel wanneer die bruid haar ruiker gooi (as hulle nog ongetroud is).

Die Bruidsmeisies

  • Help die bruid met die uitsoek van haar rok.
  • Verskaf hul mates vir die maak/aankoop van hul bruidsmeisie rokke.
  • Help met die reëlings van die kombuistee sowel as die henne partytjie.
  • Help die bruid om reg te maak op haar troudag.
  • Betaal vir hul bruidsmeisie rokkies, skoene en bybehore.
  • Voorsien hul eie vervoer en akkommodasie na en vanaf die troue.
  • Help die bruid met take en pligte.
  • Neem deel wanneer die bruid haar ruiker gooi (as hulle nog ongetroud is).

Die Blommemeisie 

  • Dra ‘n mandjie gevul met roosblare en strooi die grond daarmee voor die bruid instap.
  • Neem fotos na afloop van seremonie saam met die bruidspaar.
  • Haar ouers betaal vir haar  rokkie, skoene en bybehore.
  • Haar ouers voorsien hul eie vervoer en akkommodasie na en vanaf die troue.

Die Ringdraer

  • Dra ‘n ringkussingtjie en neem dit na die bruidspaar tydens die uitruiling van ringe.
  • Neem fotos na afloop van seremonie saam met die bruidspaar.
  • Sy ouers betaal vir sy uitrusting, skoene en bybehore.
  • Sy ouers voorsien hul eie vervoer en akkommodasie na en vanaf die troue.

Die Hoof Strooijonker

  • Verskaf sy mates vir die maak/aankoop van sy pak.
  • Betaal vir sy pak, skoene en bybehore.
  • Voorsien sy eie vervoer en akkommodasie na en vanaf die troue.
  • Maak seker dat diensverskaffers uitstaande geld ontvang op die dag van die troue.
  • Maak seker die bruidegom is op tyd klaar en reg.
  • Verwelkom gaste by die seremonie.
  • Stel die eerste heildronk op bruidspaar in by die onthaal.
  • Reël die ram partytjie.
  • Help die bruidegom met take en pligte.
  • Neem deel aan die kousband gooi (as hy ongetroud is)

Die Strooijonker

  • Verskaf hul mates vir die maak/aankoop van hul pakke.
  • Betaal vir hul pakke, skoene en bybehore.
  • Voorsien hul eie vervoer en akkommodasie na en vanaf die troue.
  • Vergesel gaste by seremonie na hul sitpekke (laat die bruid se gaste aan die linkerkant en bruidegom se gaste aan die regterkant sit.)
  • Help met die uitdeel van programme.
  • Wys gaste na die onthaal lokaal.
  • Help om almal bymekaar te kry vir fotos.
  • Neem deel aan die kousband gooi (as hulle ongetroud is).

Thumbnail foto: Unveil-photography