Trou Idees

Ons is verloof, wat nou?

Julle het die verlowing aangekondig, en jy’t vir almal jou sprankelende ring gewys, maar wat gebeur nou? Die eerste stap is vir jou en jou verloofde om ‘n paar belangrike trou verwante onderwerpe te bespreek! Onthou dat hierdie die eerste van baie besprekings gaan wees, so met kompromie en onderhandeling sal die proses vergemaklik word.

6 Dinge om aan te dink…

  • Wanneer wil julle trou?

Baie paartjies mag ‘n sekere datum in gedagte hê, soos hul ‘uitgaan’ herdenking. Vir ander is dit belangriker om goedkoop weg te kom en sal ‘n winter troue of weeksdag troue oorweeg. Party se geloof sal die dag waarop hulle trou bepaal, as gevolg van sekere vakansiedae of feeste. Vir ander sal ‘n sekere seisoen belangrik wees. Hou in gedagte dat baie venues al 12 maande vooruit vol bespreek is. Maak dus seker dat julle genoeg tyd het om die venue van jul keuse te kan bespreek.

  • Waar sal die troue plaasvind?

Vir die seremonie kan julle moontlik verkies dat dit in ‘n kerk of kapel plaasvind. Die onthaal kan in ‘n verskeidenheid trou venues, hotelle of restaurante plaasvind. Julle moet ook besluit of dit ‘n buitelug funksie of binne in ‘n lokaal gaan wees. Dinge om in gedagte te hou :

  1. Die hoeveelheid gaste wat julle beplan om te nooi sal ‘n groot invloed hê op die venue keuse.
  2. Die afstand tussen die kerk en venue (baie venues het fasiliteite om die seremonie op hul gronde te hou).
  3. Die tema of idee vir julle troue.
  4. Die trou begroting.
  • Die tipe troue wat julle graag sal wil he?

Een ding wat jy moet weet is dat daar geen reg of verkeerd is met ‘n troue nie. Formeel of informeel, tradisioneel of nie… dit is julle dag en julle moet dinge laat gebeur soos julle wil! Die maklikste is om vir jul troue ‘n tema of kleurskema te kies. Jy het dan ‘n idee en rigting en kan die beplannings proses begin. Versamel prentjies op die internet en kyk na Trou Idees se inspirasie borde op facbook en pinterest. Dit sal help om die kreatiwiteit te laat vloei!

  • Hoeveel gaste wil julle nooi?

Dit is een van die grootste keuses om te maak as jy ‘n troue beplan, aangesien dit elke aspek van die troue gaan affekteer. Jou begroting sal ook bepaal hoeveel gaste julle sal kan nooi, asook die venue waarop julle besluit. Het julle baie familie en vriende wat julle wil nooi? Of verkies julle ‘n klein intieme troue? Volgende moet julle die begroting bepaal en ‘n gastelys daarvolgens op trek. Onthou dat jy moontlik jou gaste lys sal moet sny sou jou begroting nie vir almal kan voorsien nie. Die maklikste om die gaste lys saam te stel, is om 3 lyste te maak:

A- almal wat julle wil hê moet deel wees van jul troue (gewoonlik naaste familie en goeie vriende).

B- almal wat julle graag sal wil nooi (familie en vriende)

C- almal wat julle ook daar wil hê (werks kollegas en kennisse)

Sou dit gebeur dat die gastelyse gesny moet word, sny mens eers aan lys C en dan aan lys B.

  • Hoeveel bruidsmeisies en strooijonkers?

Die bruidspaar se gevolg bestaan gewoonlik uit broers, susters, vriende of familie. Enige iemand wat vir julle spesiaal is. Die gevolg se hoof doel is om die bruidspaar te ondersteun en te help met belangrike keuses. Dis ook hulle werk om vir die bruidspaar die kombuistee en ram partytjie te reël. Kyk gerus op Trou Idees vir kombuistee temas en idees!

  • Die begroting?

On die begroting te maak klop, sal moontlik een van die moeilikste take wees. Terwyl jou troue een van die wonderlikste dae van jou lewe is, wil niemand nog jare daarna lenings terugbetaal nie. Besluit dus hoeveel julle het om te spandeer, en hou daarby. Gesels vooraf met julle ouers en vind uit of hulle bereid is om by te dra en hoeveel. Troues is baie duur, maar met goeie beplanning, kompromie en prioritisering sal alles glad verloop.

Trou Idees