Trou Idees

Trou maandbeplanner

Alhoewel daar mense is wat hul troues beplan binne ’n paar maande, is die gemiddelde beplan tyd 12 tot 18 maande. 

Gebruik hierdie “te doen” lysie om seker te maak dat jy niks mis nie!

12 Maande voor die troue

Kondig julle verlowing aan

Stel die begroting op

Stel ’n gastelys op

Besluit waar julle wil trou

Doen navorsing oor verskillende venues

Besluit op ’n trou datum

Bespreek die venue vir die seremonie en onthaal

Besluit oor jul trou tema en kleur skema

9 – 12 Maande voor die troue

Kies die bruidsmeisies en strooijonker

Bespreek die fotograaf & videograaf

Bespreek die musikante en platejoggie

Bespreek die huweliksbevestiger

Kies en bestel jou rok 

Doen navorsing oor wittebrood opsies 

Bespreek ’n voor-huwelikse kursus

6 – 9 Maande voor die troue 

Kies bruidsmeisie rokke 

Bespreek vervoer vir jul troudag 

Bespreek die haarstillis

Bespreek jou grimeerkunstenaar

Bespreek jul wittebrood

Kies jul uitnodiging en skryfbehoeftes 

Stuur jul save the dates uit

Bestel jou troukoek

Beplan die hen en ram partytjie

Bespreek die bruidegom en strooijonkers se troupakke

Bespreek die blomme en dekor

3 – 5 Maande voor die troue

Stuur die trou uitnodigings uit

Laat stel jul huweliks kontrakte op

Organiseer papierwerk vir die kerk

Besluit op gebed, skrifgedeeltes en liedjies vir die seremonie

Ontmoet die diensverskaffers en finaliseer hul pligte

Maak seker julle paspoorte is reg en in orde vir die wittebrood

6 – 8 weke voor die troue

Gaan vir trourok passing

Kies troupante uit

Kies geskenkies vir die gevolg en die ouers

3 – 5 weke voor die troue

Kontak mense wat nog nie ge”RSVP” het nie

Finaliseer die hoeveelheid gaste

Gee die finale gaste getalle deur na die venue

Werk die tafelbeplanning uit

Doen die finale trourok passing en kry trourok se bybehore

1- 2 weke voor die troue

Kontak diensverskaffers en bevestig die finale reëlings

Doen ’n repitiese van die troudag

Tel die trourok op

Skryf jul trou beloftes en toesprake

Pak vir jul wittebrood

In die finale week 

Maak laaste minuut veranderinge aan tafelpeplassings. (indien nodig)

Gaan vir skoonheid behandelings, wax en ’tan’

Maak seker jou trourok asook alle bybehore pas

Doen enige uitstaande betaling aan verskaffers

Die dag voor die troue

Maak seker die koek en enige ander items is afgehaal

Tel die bruidegom en strooijonkers se pakke op

Gaan vroeg bed toe en kry ’n goeie nagrus

Die groot dag

Ontspan

Maak seker daar is voldoende tyd vir hare en grimering

Onthou om iets te eet

Gee vir elkeen ’n troudag skedule

Geniet die dag!