Maklike pannekoek resep / Leefstyl & Verhoudings / By administrator Maklike pannekoek resep Hierdie is ‘n maklike pannekoek resep vir lui reënerige dae by die huis. Dit maak so tussen 12 en 15 pannekoeke.BESTANDDELE:2 koppies(500ml) koekmeelblom2 eiersHalwe teelepel sout (2.5ml)1 teelepel (5ml) bakboeierHalwe koppie (125ml) Kookolie1 eetlepel (15ml) Asyn1 koppie (250ml) Melk2 koppies (500ml) WaterBietjie olie vir bakSuiker en kaneel na smaakMETODE:Gooi al die bestanddele saam in een bak en meng vir 10 minute baie goed met ‘n klitser.Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant.Gooi gemengde suiker en kaneel oor na smaak of maak enige vulsel om mee saam te geniet.