Trou Idees

6 Dieët wenke

6 Dieët wenke

1.  Eet slegs drie etes daagliks. Peuselhappies verhoog jou daaglikse kalorie inname en dra boonop by tot verhoogde bloedsuiker en dus insulien vlakke wat ’n negatiewe effek het op gewigsverlies.

2.  Sny stysel uit met aandete. Stysel is jou hoof bron van energie deur die dag. Eet dus stysel steeds met ontbyt en middag ete maar sny dit met aandete uit. Dit sluit stysel groentes ook in naamlik pampoen, ertjies, mielies, patat en aartappel.

3.  Wees bedag op wat jy drink. Drinkgoed bevat baie versteekte kalorieë. ’n Eenvoudige melk-koffie met een teelepel suiker is maklik gelyk aan ’n snytjie brood. Vrugte sap, gegeurde water en ys tee bevat net so baie leë kalorieë en suiker. Drink liefs water, soda water en swart rooibos tee.

4.  Eet groente saam elke ete. Groente is laag in kalorieë en hoog in vitamienes en en minerale wat belangrik is vir ’n gesonde liggaam. Dit bevat boonop baie vesel wat help om om jou versadig en gereeld te hou. Die vesel in groente is boonop kos vir die goeie bakterieë in jou dermkanaal wat ’n baie belangrike rol speel in metabolisme en gewigsverlies.

5.  Eet maer proteïne saam elke ete. Proteiene help om jou langer versadig te hou en verhoed onnodige ‘cravings’ en gesnoepery. Dit is belangrik dat proteïene maer moet wees.

6.  Vermy suiker en versoeters. Behalwe vir die feit dat suiker baie leë kalorieë bevat, veroorsaak dit ’n baie vinnige styging in bloedsuiker vlakke wat verhoogde insulien vlakke tot gevolg het. Verhoogde insulien vlakke gaan gepaard met insulien weerstandigheid en dus gewigsprobleme. Jy mag dink dat kunsmatige versoeters ’n gesonde opsie is, maar versoeters ontlok ook ’n insulien respons omdat jou liggaam dink hy gaan suiker moet verwerk.

Geskryf deur: Odette Venter – Dieëtkundige

www.odetteventerdietetics.co.za

Trou Idees