Hierdie is ‘n maklike pannekoek resep vir lui reënerige dae by die huis. Dit maak so tussen 12 en 15 pannekoeke.
BESTANDDELE:
- 2 koppies(500ml) koekmeelblom
- 2 eiers
- Halwe teelepel sout (2.5ml)
- 1 teelepel (5ml) bakboeier
- Halwe koppie (125ml) Kookolie
- 1 eetlepel (15ml) Asyn
- 1 koppie (250ml) Melk
- 2 koppies (500ml) Water
- Bietjie olie vir bak
- Suiker en kaneel na smaak
METODE:
- Gooi al die bestanddele saam in een bak en meng vir 10 minute baie goed met ‘n klitser.
- Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant.
- Gooi gemengde suiker en kaneel oor na smaak of maak enige vulsel om mee saam te geniet.