Trou Idees

Vrouwees

Vrouwees

Die Maand van Vrouwees Vier:

Hierdie maand is vir my een van die belangrikste maande in ‘n jaar – nie dat ek werklik Vrouedag in sy volle reg vier nie, maar omdat Vrouwees so lekker is. Om ‘n vrou te wees is kleurryk, opwindend en spesiaal maar dit is net so moeilik, kompleks en ons ervaar daagliks meer struikelblokke as ‘n ander spesifieke geslag.

Maar, ek wil nie vandag praat oor die moeilike kant van vrouwees nie, ek wil praat oor die plesier, die positiwiteit en die ondersteuning. God het ‘n vrou gemaak omdat daar ‘n tekort aan Liefde was op die Aarde – ons is wesens wat aanmekaar geweef is met Liefde, Geduld, Vreugde, Vriendelikheid, Vrede, Goedheid, Getrouheid, Sagmoedigheid en partykeer ‘n bietjie Selfbeheersing ook. Ja, hierdie is inderdaad die Vrugte van die Gees en ek dink dit is die perfekte definisie van ‘n Vrou.

In ‘n wêreld wat ons probeer neerdruk en ons geslag ondermyn, staan hier spesifiek vier vroue vir my uit wat met mening Vrouwees vier.

“My mother did not raise me to ask for permission to lead”

– Ayanna Pressley

“Grow stronger. Look where I am. Look what I’ve been able to do. Build off of that”

– Rashida Tlaib

“They’ll tell me you’re too loud, that you need to wait your turn and ask the right people for permission. Do it anyway”

 – Alexandria Ocasio-Cortez

“…we never need permission or an invitation to get involved, to stand up or to work on creating positive change in our communities”

– Ilhan Omar

Hierdie vroue is ‘n inspirasie vir elkeen van ons om onsself the druk om altyd beter te wees as wat die wêreld ons wil hê, hiermee sê ek nie dat vrouens wat kies om nie ‘n beroep te volg nie, nie streef na meer nie, ek praat JUIS van elke liewe aspek van Vrouwees: Ma-wees, Lewensmaat-wees, Sussie-wees, Vriendin-wees, Besigheidsvrou-wees en daar is soveel meer…

Ek wil jou vandag uitdaag om die beste Vrou vir jouself te wees en wanneer dinge te veel raak, onthou die volgende –

Rus gereeld by God

Moet nooit ‘n ander Vrou of iemand anders probeer wees nie, JY is die beste JY wat bestaan

Leef aandagtig – niks is so lekker soos die klein plesiertjies in die lewe nie!

Ek het in 2018 na Gretha Wiid se praatjie gaan luister oor ‘Vier Vrouwees’ en dit was ‘n lekker lag, geselsaand wat my passie vir Vrouwees weer opnuut laat brand het – maak dus altyd seker dat jy jouself voed en jouself vul met positiewe en opbouende geselskap. Ek los jou met die boodskap:

“A woman is like a tea bag- You never know how strong she is until she gets in hot water”

– Eleanor Roosevelt

Wat ‘n voorreg is dit nie om ‘n vrou te wees nie…

C.S. – Net nog ‘n hopelose romantikus!

Trou Idees