Trou Idees

Bestuur jou geldsake vir ‘n goeie verhouding

Niemand hou daarvan om oor finansies te praat nie, maar wanneer jou geldsake reg benader word, kan dit julle baie frustrasie spaar. Hoe jy en jou lewensmaat geld spandeer en daaroor dink, beïnvloed julle verhouding. Dis nie altyd die beste oplossing om ’n gesamentlike rekening te hê nie, veral nie as jy die lojaliteitsprogramme wat banke aanbied effektief wil gebruik nie. Dis ook nie noodwendig nodig om totaal en al apart te funksioneer nie. Maar, hoe dan gemaak? Elke verhouding is uniek, en dus is daar nie ’n one size fits all-antwoord oor die bestuur van julle geldsake nie. Jou begroting en finansies is iets wat uniek is aan julle, en behoort so beplan en
bestuur te word.

Daar is ’n klomp beginsels wat julle kan toepas om dit so maklik as moontlik te maak, of julle nou besluit om ’n gesamentlike rekening te gebruik, apart, of ’n kombinasie van beide (kyk na die voor- en nadele van elkeen):

1. Neem saam finansiële besluite.

2. Identifiseer individuele, so wel as gesamentlike doelwitte.

3. Belê in ’n noodfonds.

4. Speel oop kaarte met mekaar oor skuld.

5. Verstaan mekaar se verhouding met geld, en pas daarby aan.

6. Moenie dat ’n verskil in salarisse tussen julle kom nie. In plaas van joune en myne, dink aan die bestuur van geldsake as ons s’n.

7. Wees eerlik oor julle aankope en verwagtinge van mekaar se spending habits. Nes baie ander dinge, is kommunikasie belangrik.

8. Hersien julle begrooting op ’n gereelde basis.

Dit is ’n goeie idee om julle inkomste te kombineer wanneer julle ’n begroting saam stel. Gaan soek gerus vir ’n gratis templaat by www.bankbeter.co.za. Spaar, belê, betaal skuld af, en begroot geld vir uitstappies, vakansies, of bederfies. Julle kan dalk baat by ’n enkele gesamentlike rekening om uitgawes soos leefkoste wat huur, kruideniersware, ensovoorts, dek. Maak seker dat die manier waarop julle jul geldsake bestuur nie een van julle se kredietrekord skade doen nie. Deel gesamentlike uitgawes so dat elkeen debietordes het wat hulle sal help om ’n goeie kredietrekord op te bou. Elkeen moet hulle eie geld hê om te spandeer soos hulle wil, nadat al die ander uitgawes bespreek is, en verdeel is. 

Sodra jy ongemaklik voel met iets, of julle finansiële doelwitte nie bereik word nie, bespreek dit rustig sonder om aanvallend te wees. Dis belangrik dat elkeen weet wat gaan aan in die finansies. Daar is gereeld ’n party wat voel hulle weet nie veel nie ,of stel nie veel belang nie, maar op een of ander stadium kan geldsake maklik ’n bron van ongeluk raak. Leer dus, neem deel aan die gesprek, en maak dit julle eie projek om ’n lewe te bou wat julle graag wil hê.

Lindie van Gass

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ons gevorderde soek-enjin