Pornografie verslawing? Is daar regtig so iets? Tog is dit ’n groot probleem wat bietjie closer to home is as wat ons wil erken. Mans en vroue word vasgevang in die web van pornografie, met ’n verrykende invloed op verhoudings en huwelike.
Wat is ’n verslawing?
Enige verslawing is in sy wortel ’n sielkundige versteuring; ’n siekte waarin ’n persoon se vermoë tot gesonde emosionele intimiteit en interpersoonlike verbintenis ontwrig word deur die gebruik van ’n chemikalieë of middels soos nikotien, alkohol of ander dwelms. Sommige verslaafdes, aan die ander kant, gebruik ’n sekere gedrag of ervaring (bv. dobbelary of pornografie) wat veroorsaak dat die brein normale biologiese chemikalieë onnatuurlik in die bloedstroom vrystel. Met ander woorde, pornografie verslawing verskil in baie opsigte nie so veel van die ander minder taboe verslawings soos rook, alkohol, dobbelary of dwelms nie, omdat die chemikalieë wat in die brein vrygstel word, dieselfde verslawende effek het. Hoe meer die brein aan hierdie chemikalieë of chemiese gestimuleerde gedrag blootgestel word, ontwikkel die verslaafde ’n afhanklikheid daarvan. Dit gee aanleiding daartoe dat die individu meer en meer daarvan moet in neem om dieslefde effek of fix te ervaar om bevredig te voel.
Kort voor lank is die die abnormale gedrag vir die verslaafde normaal wat beteken dat pornografie en seksverslawing, normaal en selfs verkieslik is vir die verslaafde. Die verslaafde begin doelbewus betekenisvolle sosiale en interpersoonlike kontak vermy en wend hulself tot pornografiese materiaal om een of ander bron van onopgeloste emosionele pyn te verdoof. Die verslaafde leer om pornografie te gebruik net soos enige ander verslaafde hul verkieste dwelm sou gebruik. Soggens gebruik hy of sy dit om moed te kry vir die dag, in die middel van die dag word dit gebruik om ’n release te kry, en snags word dit gebruik om te ontspan en aan die slaap te raak. Hierdie afhanklikheid van eksterne stimulus wat nie van mens se huweliksmaat af kom nie, is juis die rede dat pornografie verslawing verantwoordelik is vir probleme in verhoudings, huwelike, en selfs in die samelewing.
Pornografie verslawing verooraak dikwels dat individue hulself van die samelewing onttrek. Maar, daar teen, is die tekens van ’n gesonde inter-persoonlike konneksie dat mens kan kommunikeer, luister, jou gevoelens kan uit druk teenoor ’n maat of geliefde, en om aanvaarding te toon aan die ander persoon, en om dit ook te kan ontvang. Pornografie veroorsaak dus dat die verslaafde se brein slegs seksuele intensiteit begeer, sonder enige emosionele intimiteit, daarom stomp dit die behoefte vir inter-persoonlike konneksie af. Hierdie versteuring in gesonde menslike ervarings maak dit taamlik moeilik om gesonde verhoudings te onderhou, wat weer die algemene gesondheid van die samelewing beïnvloed.
Waarom is pornografie ’n gedragsverslawing?
Dit is makliker om ’n pornografie verslawing te identifiseer as, byvoorbeeld, dwelms of drank, omdat die gedragsverandering duidelik in iemand se lewe sigbaar is. Daar is baie navorsing wat verklaar hoekom dwelms of drank verslawend is, maar om die verslawende effek wat pornografie op die brein het te definieër is ietwat meer kompleks.
Die menslike liggaam stel sy eie natuurlike chemikalieë en hormone vry gedurende normale, gesonde, ervarings soos ’n diep, betekenisvolle gesprek met ’n vriend of
geliefde, en seksuele omgang in ’n toegewyde monogame verhouding. Hierdie goeie chemikalieë wat jou brin produseer word vrygestel in hormone soos dopamien (wat jou laat onstspan), endorfiene (wat plesier in jou brein registreer) en oksitosien (die bindingshormoon).
Om na grafiese sekstonele of beelde in pornografie te kyk of selfs oor toevallige, onwettige seks te fantaseer, veroorsaak dat die liggaam onnatuurlike hoë hoeveelhede dopamien en endorfiene in die bloedstroom vrystel. Hierdie selfde onnatuurlike vrystelling vind plaas wanneer ’n seksverslaafde ander ervarings gebruik soos masturbasie, of sekskletswebwerwe besoek, of prostitusie beoefen. In ’n baie eenvoudige sin, begin die liggaam sy eie dwelms te vervaardig.
Die pornografiegebruiker (sonder om dit te weet) raak afhanklik van hierdie onnatuurlike chemiese vrystelling en poog om hierdie kunsmatige ontspanning- en plesierervaring te herhaal deur pornografie so gereeld as moontlik te gebruik. Hierdie verslawende meganisme word verder versterk deur die emosionele siklus wat met dié gedrag gepaardgaan. Die verslaafde is gevul met skaamte en skuld na gebruik, en kan selfs depressief voel. Teleurgesteld dat pornografie of masturbasie of toevallige, of selfs onwettige seks hulle nie beter laat voel het nie, sal die verslaafde dikwels selfs die hergebruik van pornografie begaan om die negatiewe emosies van gebruik in die eerste plek te verdoof. So begin die siklus weer homself te herhaal in ’n oneindige siklus.
Verslawing gaan ook gepaard met valse oortuigings wat die verslaafde oor hom- of haarself het. Hierdie valse oortuigings is onder andere: “Ek kan vir niemand van my pyn vertel nie, want niemand sal verstaan nie,” of, “Ek moet my pornografie gewoonte geheim hou, mense sal my verwerp as hulle uitvind wie ek regtig is,” of, “Ek is nie dit werd om werklik geliefd te of verstaan te word nie”, of selfs, “Niemand kan werklik in my behoeftes voorsien nie, ek moet vir myself sorg.” Hierdie valse oortuigings maak dit makliker vir die verslaafde om die verslawing geheim te hou en alleen deur die skande te gaan – dikwels vir baie jare sonder behandeling. Pornografie, masturbasie, seksuele fantasie en toevallige seks is baie, baie verslawend en uiters vernietigend vir emosionele, seksuele en geestelike gesondheid.
Is Pornografie net ’n probleem vir mans?
Daar is sekerlik meer mans as vroue wat met pornografie-verslawing sukkel. Baie vroue word, met goeie rede, afgesit deur die grafiese tonele wat in pornografie uitgebeeld word. Vroue se seksuele opwekking is gekoppel aan die diepte van ’n emosionele verbintenis met hulle seksmaat. Dit is die emosionele verbintenis met haar maat wat ’n vrou gereed maak vir seksuele omgang, terwyl ’n man dalk net sy vrou of maat se liggaam hoef te sien of haar aanraking te voel om gereed te wees vir seks.
Pornografie-flieks oorbeklemtoon die visuele, sensuele en estetiese, met vlak, onemosionele dialoog. Die gebrek aan emosionele verbintenis lei daartoe dat sulke flieks nie by vroue aanklank vind nie. Verslawing diskrimineer nie teen geslag nie. Baie vroulike verslaafdeswend hul verslawing tot ander tipes media, soos grafiese romans of sekskletswebwerwe. In sommige gevalle vind ’n vrou se verslawing uitdrukking in die gebruik van verskeie seksmaats. Wetenskaplike navorsing wys dat oksitosien, wat ’n vrou emosioneel aan haar maat bind tydens seks en aan haar baba tydens borsvoeding, by sekere vroue toenemend onderdruk word namate die aantal seksmaats toe neem. Dit beteken dat ’n vrou wat eens baie waarde geheg het aan emosionele verbintenis tydens seks, emosioneel afgestomp word haar eie behoefte om gebonde aan haar maat te voel onderdruk. Die onderdrukking van emosionele konneksie is die ware wortel van die stelling, “dit was net seks.” Dit kan slegs “net seks” wees waneer ’n persoon se emosionele bindingskapasiteit heeltemal afgeskakel is, ongeag van hulle geslag.
Wat sê die statistiek oor pornografie-verslawing in Suid-Afrika?
Om akkurate, betroubare, statistiek oor pornografie-verslawing onder Suid-Afrikaanse volwassenes te bekom, is ’n uitdaging. Veral omdat baie verslaafdes, en selfs geleentheidsgebruikers, verkies om hulle verslawing geheim te hou, en selfs ook nie weet, of wil erken, dat hulle wél verslaaf is nie.
Wat is die tekens van pornografie-verslawing?
Die meeste tekens dat iemand aan pornografie verslaaf is, is dieslefde as ander tipes verslawing:
• Skielike, uitermatige uitbarsings
• Onttrekking van interpersoonlike en sosiale kontak (buiten die ‘alleentyd’ wat enigiemand van tyd-tot-tyd nodig het)
• Geleidelike verlies in belangstelling van dit wat voorheen interessant of belangrik was (stokperdjies, vriende, spiritualiteit, ensovoorts)
• Toegewydheid en prestasie by die werk of in studies neem af
• Sukkel om rekening te hou met begroting en uitgawes
Daar is ook ’n paar aanwysers wat veral ’n pornografie/seksverslawing kan aan dui:
• Skielike, drastiese toename in seks behoefte (frekwensie en fisiese intensiteit)
• Geleidelike afname in libido, totdat hy/sy nie eers meer probeer om seks te inisieer met hulle maat nie, en daar vir redelik lang tydperke geen seks met mekaar is nie
• Algemene emosionele afstand; emosioneel onbeskikbaar; vermy gesprekke wat emosies diep en werklik deel
•Belangstelling in seks is altyd met min tot geen emosionele verbintenis, voorspel is slegs fisies en moet altyd intens wees (soos in pornografiese tonele)
•Merkbare irritasie of wreweling wanneer seksuele begeertes nie onmiddellik bevredig word nie.

Waar soek mens hulp?
Nadat jy deur die lys hier bo gelees het wonder jy dalk, waar mens hulp kry vir jouself, jou huwelkismaat, of ’n ander geliefde wat jy weet met pornografie-verslawing sukkel. Daar is nie ’n eenvoudige oplossing nie ― juis omdat pornografie en seksverslawing verhoudings so diep raak, is daar ’n fyn lyn tussen ondersteuning en verwerping.
Die eerste stap is om te erken dat pornografie wel ’n probleem is. Die verslaafde moet aan hom/haarself kan erken dat hy/sy wel ’n verslaafde is, dat die situasie buite beheer is en dat hy/sy nie alleen die oplossing sal kan vind en toepas nie. Die volgende stap is dan om so gou moontlik by ’n professionele herstel-program aan te sluit.
GraceOnline is juis so ’n program, en is ook een van Suid Afrika se vernaamste programme om dié verslawing te oorwin.
Kontak Kennith de Kock by 082 557 1587