Trou Idees

Seks Statistieke

Uit hierdie meningspeiling blyk dit tog dat mans en vrouens se behoeftes vir seks nie soveel verskil soos die samelewing ons wil laat glo nie. Elke persoon se behoeftes verskil, dus verskil elke paartjie sê behoeftes ook. Die beste raad is waarskynlik om openlik met jou huweliksmaat te kommunikeer oor jou behoeftes rondom seks. Om na mekaar te luister, en mekaar in ag te neem, sodat beide se behoeftes vervul word, is die eenvoudigste roete tot ’n gelukkige getroude sekslewe. Eksperimenteer om uit te vind waarvan julle hou, en praat met mekaar. Moet nie dat seks ’n kwelpunt word in julle huwelik nie. As julle huwelik onder spanning is, ooweeg dit om saam ’n berader te besoek. Hier is ’n paar stukkies terugvoer wat Trou Idees se volgers ingestuur het:

Die vrouens sê:

Ons vrouens moet eers emosioneel connect voor ons fisies kan connect.
• • •
Probeer meer oop wees vir nuwe dinge, en kyk of dit moontlik sal wees om meer kere vir jou vrou ’n orgasme te gee.
• • •
Seks is vir ’n vrou ’n emosionele ding. As jy haar heel week sleg hanteer, gaan sy nie in die bui wees vir seks nie.
• • •
Mans moet vroue toe laat om ’n orgasme te bereik, en ons het voorspel ook nodig. Seks begin vroeg oggend – ons het nie net ’n knoppie wat gedruk kan word nie. Help in die huis, stuur boodskappies deur die loop van die dag, druk ons sommer net omdat jy kan – emosionele ondersteuning is wat ons nodig het om ons emmertjies vol te maak.

Die mans sê:

Luister na nuwe voorstelle, en dink daaroor voor julle (vroue) dit net van die hand wys.
• • •
Alle mans se seksuele behoeftes verskil, vrouens moet hulle mans op ’n mooi anier vra wat hulle behoefte is. Of nog beter ― vra hom wat hy wil hê wanneer julle klaar besig is. Ek is seker jou man sal dan presies vir jou sê waarvan hy hou.
• • •
‘n Man se primal instinct is om seksueel aktief te wees. Dit is in ons bloed om dit konstant te wil na jaag.
• • •
Ontmoet mekaar in die middel.
• • •
Seks is seks, maar om intiem te wees en daarna te chat of the cuddle maak die verskil tussen seks of daardie ietsie ekstra vir intimiteit.
• • •
Vrouens moenie seks van hulle mans weerhou om hulle te manipuleer nie.
• • •
Wanneer ’n man konstant seks by sy vrou soek is dit nie omdat hy ’n maniak is nie, hy is net in ’n oormaat aangetrokke tot sy vrou en dit is hoe hy beslis weet hy kan sy liefde aan haar verklaar.
• • •
As ’n vrou net tease vir dae aan een en dit bly net by tease, raak die teasing vervelig en dit sit mens af.
• • •
Vrouens kan ook initiatief neem een seks voor stel. Dit moet nie net altyd van die man afhang nie.
• • •
‘n Man ervaar liefde as sy vrou seks saam hom geniet. Sy hoef nie self altyd ‘n orgasme te bereik nie maar dit beteken vir hom baie as sy wys, en ’n gesindheid 
het, dat sy dit met hom wil doen want dis een belangrike manier hoe hy ervaar sy is lief vir hom.
• • •
Dis nie noodwending net seks nie, maar die intieme oomblik wat ’n man ervaar as hy homself oorgee wanneer hy orgasme bereik – as jou vrou saam met jou daai oomblik ervaar, is daar niks meer intiem vir ’n man as daai eenheid nie. Dis ’n oomblik waar mens rou is, vulenarable en alles amper oorgee. Die wereld sluit af en mens voel ’n konneksie wat op geen ander plek gevind kan word nie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ons gevorderde soek-enjin