Trou Idees

Trou Idees se volgers deel hul Stories van Hoop

My storie van HOOP is dalk nou nie so wow nie, maar dis juis oor ek wil getuig dat daar HOOP is ten spyte van mens se omstandighede, en nie as gevolg van mens se omstandighede nie, dat ek my storie met julle deel. God seën en voorsien ten spyte van die uitdagings in jou lewe! 

Ek en my man het mekaar op universiteit ontmoet. Ons verhouding was egter nie maanskyn en rose nie. Ons het ses maande uit gegaan, toe vang hy Graad, en moes vir sy beurs-ooreenkoms Durban toe trek om te gaan werk. Ek het nog ’n jaar se studies oor gehad op Stellenbosch. Een-vir-een het die geleenthede wat ek gesoek het se deure voor my toe gegaan. Dit het natuurlik baie trane tot gevolg gehad op daardie stadium, maar die het op die ou einde voorsien dat ek ’n jaar later ook Durban toe getrek het, waar ek werk gekry het na my heel eerste onderhoud. Fast forward ’n paar jaar, en hier is ons: getroud en gelukkig, en nà vier jaar, het verwag ons ons eerste baba.

Maar, ons lewens het letterlik oornag soos ’n handomkeer verander. Ons baba is op 27 weke gebore. Ons het ’n lang pad gestap van klippe kou en baie sakke sout saam eet. Ons dogtertjie is serebraal-gestremd na ernstige breinbloeding met geboorte. Ons het baie get rek. Ons het gesukkel met terapeute, epilepsie, en verskeie ander mediese uitdagings. Ons het ’n kursus in Amerika gaan doen wat ouers met breinbeseerde kinders toe rus om hulle kinders te help. Twee keer per jaar vlieg ons terapeute van oorsee af in om ons in Suid-Afrika te kom help. Ons moes met ons Mediese Fonds baklei net vir ’n rol stoel! En natuurlik kos alles geld.

Ons wou graag nog ’n kindjie gehad het, maar ons was vas gevang in die vrees dat die geskiedenis homself sal herhaal. Maar, met ’n om pad, gaan dokter uit vir ’n ander ding, en hy ontdek toe wat die vroeë geboorte veroorsaak het! Dis toe iets wat heel eenvoudig met chirurgie reg gemaak kon word. Hierdie wonderlike dokter stap toe in geloof saam met ons ’n lang pad, en na agt jaar kon ons weer probeer om swanger te word. Ons seuntjie is op vol termyn gebore, en is blakend gesond!

Maar, ons het steeds uitdagings. Ons moes ’n fondsinsameling doen vir ’n nuwe rolstoel, want die rolstoel wat ons dog ter nodig het om haar skoliose te ondersteun is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. En die ingevoerde rolstoel is naruurlik belaglik duur! Ons Mediese Fonds het so bietjie meer as die helfte betaal, en ons wou eers nie vir ons naastes sê dat ons finansiëel sukkel nie, maar dit kon nie anders nie. Ter selfde tyd moes ons ’n ander huis koop – een wat geskik is vir ons gesin sê behoeftes, en ons kon ook nie die koste vir terapie by bring nie. 

Een van my vriendinne stuur toe vir my Matteus 6:34, “En julle moenie vandag bekommerd wees oor wat môre sal gebeur nie. Môre sal sy eie probleme hê waaroor julle bekommerd sal wees. So sal elke dag sy eie probleme hê.” Daar en dan bepreek ek die sessie by ons eerste oorseese terapeu te in geloof, al weet ek nog nie hoe ons dit gaan bekostig nie. Die fondsinsameling het ons verstom, en die mense se liefde en vrygewigheid het ons diep aangeraak – daar was genoeg geld vir die rolstoel én die terapie! Ons moes ’n nuwe voertuig koop; een wat die rolstoel kan akkommodeer, en weereens voorsien die Here!

Ek los nou baie van die detail uit, maar die kort en die lank van die storie is dat God voorsien en Sy seën uit stort, ten spyte van mens se uitdagende omstandighede. Bly HOOP! En glo! Want jy is nie alleen nie.

Christelle Diedericks Blom

Vandat ek my eerste menstruasie gekry het, weet ek wat pyn beteken. Op die ouderdom van twaalf het die rooi karretjie gekom en my elke keer plat gery! Opgooi, bewe, uit pass – dit is hoe my tyd was. Ek kon nie glo dat alle vrouens elke maand met sulke tipe pyn moes leef nie, want hoe funksioneer mens as jy in soveel pyn is? Op soek na antwoorde, besoek ek honderde dokters, maar almal se antwoorde was min of meer dieselfde: gebruik voorbehoed pille, antibiotika, ysteraanvullings, sommer Panados. Ek hoor elke kort-kort hoe ek nier- en blaas infeksie het, of ’n lekker maagvirus. En natuurlik is daar die dokters wat sê, “Dis oukei, almal het so seer.” Oukei – dan kan ek maar seker net nie die pyn hanteer nie.

Fast forward tot in 2020, toe ons ’n dag voor Lockdown in ’n kar ongeluk is. My ouers is albei hospitaal toe, maar ek het nie gegaan nie, want my hond was op kroniese medisyne en iemand moes by die huis bly om na haar te lyk. Al wat my makeer het was dat ek my neus gebreek het, so daar was niks ernstig fout nie. Maar, nà die ongeluk is die rugpyn wat ek altyd as 4 of 5 uit tien ervaar het, ’n klipharde TIEN van pyn. Dit voel asof my baarmoeder probeer om al my ander organe uit te skeer. En dié wat nie uit geskeer kan word nie, slaan aan die brand!

Teen September kon ek nie meer uithou met die pyn nie, en ek gaan dokter toe. Dis weer “blaasinfeksie”, en ek kry nog ’n rondte anribiotika. Oktober, toe ek weer by die dokter draai, het ek “’n erge maagvirus.” November kon ek nie meer nie. Elke keer wat ek eet word ek naar. Later besluit ek om net nie meer te eet nie. Maar, dan word ek naar van die pyn pille op ’n leë maag. My maag was amper deursigtig, so geswel was dit!

Nà baie dokters-besoeke, drips, antibiotika, en verkeerde diagnose, ontmoet ek Dr Erika – ’n werklike engel! Sy stuur my vir x-strale, en sien toe daar is ’n obstruksie in my maag. Ek word dadelik na ’n spesialis verwys, en in die hospitaal op geneem. Die 20e November word ek ontslaan. My maag sê swelling het heeltemal gesak, en ek voel oukei. Die 3e Desember is my maag weer opgeswel, en ek is terug in die hospitaal. Die 8e Desember gaan sien ek ’n Internis, iewers in Johannesburg, maar hy kan my nie opereer nie, en ek moet terug gaan na die hospitaal waar ek was, en ’n nood-operasie kry! Die dokter opereer toe, en besef ek het endometriose, wat veroorsaak het dat my dikderm bars. My een eierstok het gegroet, en ek het septiese skok gehad. Min mense oorleef sepsis – as die operasie ’n uur later gedoen was sou ek nie hier gewees het om my storie te vertel nie!

So, een eierstok minder, en ’n colostomy sakkie later, besef ek hoe die Here my lewe gespaar het en my deur dit alles gedra het. Voor die operasie was ek erg depressief. Ek het fiesies en geestelik pyn gehad, en dit het sy tol geëis. Ek het op ’n preek afgekom van Pastoor Jacques Potgieter, en wat my laat wakker skrik het was sy woorde, “Moenie sterf terwyl hy nog lewe nie!”

Ek wil vir jou sê, jy wat hierdie lees – hou op om net te oorleef. Veg vir jouself, en klou vas aan elke bietjie hoop wat jy het! Mens weet nooit wat môre inhou nie.

Melissa du Preez

Leave a Comment

ons gevorderde soek-enjin