Trou Idees

Maklike pannekoek resep

Maklike pannekoek resep

Hierdie is ‘n maklike pannekoek resep vir lui reënerige dae by die huis.  Dit maak so tussen 12 en 15 pannekoeke.

BESTANDDELE:

  • 2 koppies(500ml) koekmeelblom
  • 2 eiers
  • Halwe teelepel sout (2.5ml)
  • 1 teelepel (5ml) bakboeier
  • Halwe koppie (125ml) Kookolie
  • 1 eetlepel (15ml) Asyn
  • 1 koppie (250ml) Melk
  • 2 koppies (500ml) Water
  • Bietjie olie vir bak
  • Suiker en kaneel na smaak

METODE:

  1. Gooi al die bestanddele saam in een bak en meng vir 10 minute baie goed met ‘n klitser.
  2. Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant.
  3. Gooi gemengde suiker en kaneel oor na smaak of maak enige vulsel om mee saam te geniet.