Die tydsbeplanning vir die troudag is baie belangrik! Dit gebeur so vinnig dat ‘n mens vinnig kan agter raak of van iets vergeet, en dit veroorsaak dat die dag gejaagd voel en in chaos verander!
Hier deel ons graag ‘n paar wenke vir die opstel van jou tydlyn en ook wat jy alles moet onthou
- Jy MOET ‘n tydsbeplanning hê. Dit verseker dat almal weet wat volgende gebeur en waarvoor hulle verantwoordelik is.
- Maak seker dat jy jou tydlyn met die belangrike mense op die troudag deel (venue, fotograaf, videograaf, seremoniemeester, gevolg, troubeplanner).
- Gee besonderhede oor die “W’s en H” – wie, waar, wat, wanneer en hoeveel.
- Gee duidelikheid oor wie verantwoordelik is vir watter take.
- Verduidelik hoe jy dinge wil laat verloop/lyk – en maak gebruik van tabelle en prente.
- Wees realisies oor die tyd wat dit neem om dinge te doen – voorsien eerder meer tyd as te min.
- Stel die tydlyn so duidelik op dat almal dit verstaan.
- Dit is jou seremoniemeester se verantwoordelikheid om seker te maak dat alles gebeur en dat dit volgens skedule verloop.
– As dit gebreur dat julle agter raak, pas die skedule so aan dat dit wat nog moet gebeur, bietjie vroëer geskuif word, maar sonder dat iets gejaagd voorkom.
Hier is ‘n voorstelling van ‘n troudag tydlyn vir ‘n troue wat om 15:30 begin. Pas hierdie tydlyn aan om by jou troue te pas.
Hierdie is slegs ‘n raamwerk.
Grimering en hare: 3 tot 5 ure (afhangende van hoeveel strooimeisies jy het)
Aantrek: 30 minute
Kerkdiens: 1 uur – 1 ½ ure
Familie foto’s: 20 minute
Bruid & Bruidegom fotos:
Onthaal: 4 ure +
Aand troue
7:00 Word wakker, neem dit in, vandag word jy Mevrou!
8:00 Eet ‘n vullende ontbyt saam jou strooimeisies. Bruidegom saam met sy strooijonkers.
9:00 Bruid ontspan en bad terwyl bruidsmeisies se hare en grimering gedoen word.
10:30 Ma van die bruid en bruidegom se hare word gedoen
Bruid kuier saam met haar gevolg
11:30 Bruid se hare en grimering word gedoen
12:00 Eet ‘n ligte middag ete (Dit is baie belangrik om nie te besig te raak en vergeet om te eet nie)
13:00 Fotos van strooijonkers word geneem
13:30 Begin aan trek, eers strooimeisies en dan bruid.
14:00 Fotos van bruid en strooimeisies word geneem
15:00 Trou kar laai bruid en bruidsmeisies op
15:30 Seremonie begin
16:15 Gaste wens bruidspaar geluk
16:30 Groepsfoto en familie fotos
17:00 Bruid en bruidegom neem fotos terwyl die gaste drankies en versnapperinge geniet
18:00 Gaste beweeg na die onthaal lokaal
18:15 Bruid en bruidegom arriveer by onthaal lokaal.
18:30 Voorgereg word bedien
19:00 Heildronke en Tafelgebed
19:15 Hoofgereg word bedien
20:00 Heildronke en Bruidegom se toespraak
20:30 Bruid en bruidegom open die dans vloer
20:45 Koek word gesny
21:00 Nagereg word bedien
21:30 Ruiker en kousband word gegooi
21: 45 Gaste dans en geniet die aand verder saam met die bruidspaar.
Skedule vir my troudag
Hou in gedagte, dat jy jou tydlyn moet aangepas word afhangende van waar en in watse seisoen jy trou.
Hier is ‘n goeie webtuiste om te besoek as jy wil sien hoe laat die son gaan sak in jou area op jou trou datum. https://www.timeanddate.com
Thumbnail foto: @beautphotography