Trou Idees

5 Redes hoekom jy ‘n Voorkoms Konsultant voor jou Troue nodig het

Soos die gesegde sê: “ Trou is nie perde koop nie”, weet ons ook dat so ‘n dag al van klein tyd af beplan word, en elke bruid en bruidegom droom van die perfekte dag, maar daar is alreeds soveel reelings, dus help ‘n trou koördineerder met die beplan van die trou reëlings, maar wie sien om na die bruid en bruidegom se styl behoeftes? Dit is waar ‘n voorkoms konsultant inkom, en net nog meer bydrae tot die perfekte dag, soveel kostes kan gespaar word op kies van kleure vir die troue, styl van jou droom rok en troupak, grimering, hare, skoene, tot die kleinste bykomstighede.

Kom ons kyk na die voordele……

Spaar van jou tyd en geld:
Deesdae het niemand van ons meer tyd en geld wat ons net kan mors nie, en dit is hier waar ‘n voorkoms konsultant baie help. Deur ‘n styl en kleur analisie te doen, word jou silhouette bepaal asook wat jou beste kleure is, daar word gekyk na jou gesigvorm ook, al die punte help om te kyk na; jou rok, kleure vir jou rok asook kleure wat jou troue sal komplimenteer, hare en grimering wat pas by jou gesigsvorm. Aanpas afsprake by boutiques kan ook vooraf gemaak word, wat die style aanhou wat perfek sal wees vir die bruid, dus hoef niemand rond te hardloop en na hordes boutiques te gaan soek nie, as jou voorkoms konsultant saam gaan, spaar jy ook geld, want sy sal jou help om die regte rok te kies, nie die een wat die meeste kommissie gaan betaal aan die verkoopsagent nie. Die rok keuse is ook makliker aangesien die Bruid weet waar haar silhouette gaan komplimenteer en wat gaan pas by haar styl persoonlikheid.                        

Help jou kies aan die WOW kleure vir jou rok en troue:
Met die kleur Analise word jou BESTE kleure bepaal, dit help ook om die intensiteit van die kleur te kies, asook of dit baie moet blink of nie. Die regte kleur skema kan ook help met die beplanning van bykomstighede asook die Bruidsmeisies se rokke, wat ook hulle mooi gaan laat voel, en jy gaan uitstaan vir die regte redes, nie net gaan gaste jour ok raaksien nie, maar vir jou, want die regte silhouette en kleur rok, gaan al die regte kurwes wys.

Jy en jou Bruidegom se uitrustings gaan mekaar mooi komplimenteer:
Om min of meer dieselfde kleure te dra lyk nie altyd komplimenterend nie, julle wil lyk soos ‘n “match made in heaven”, nie “matchy-matchy” nie, dus kan ons ook kyk na die styl en kleure wat die bruidegom van hou. ‘n Voorkoms konsultant kan dus ook help om uitrustings te soek vir “photoshoots” wat voor die troue geneem word, dus het julle pragtige fotos waarin altwee van julle uistaan in die regte kleure en styl.

Beplanning van jou “Honeymoon” tas:
Jou voorkoms konsultant weet reeds waarvan jy hou, asook die regte style en kleure, so kan sy jou tas pak vir ‘n sorgloose vakansie. Sy kan saam jou gaan “shop till you drop” en so weet jy, jy gaan die regte items koop, want dit gaan in jou styl en kleure wees, of sy kan sommer inkopies doen in jou eie kas en vir jou items bymekaar sit wat jou soos ‘n Hollywood ster gaan laat lyk. Dit help ook met jou styl vir die pad voorentoe en nie net vir jou troudag nie.

Jou voorkoms konsultant is jou vertroueling en vriendin:
Ja sy is jou Beste vriendin wanneer jy haar vra om jou te help, sy gaan jou onder haar vlerk neem, jou help om op jou mooiste te lyk met kleure en style wat jou pas, sy sal seker maak jy lyk jou BESTE en bly binne jou begroting. Sy help jou ook kies aan die perfekte haarkleur, style n gimering vir die groot dag. Sy gaan jou help om jou nuwe styl identiteit uit te leef nie net op jou trou dag nie, maar vir nog jare daarna.

Vind uit wat is jou styl persoonlikheid, en net dalk help dit om jou droom dag
nog mooier te maak: http://bit.ly/styleperson

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Trou Idees