Trou Idees

Kom ons gaan op wittebrood!

Om te trou is ‘n ongelooflike opwindende tyd van mens se lewe! Soveel beplanning en spanning vir een aand, en dan natuurlik die wittebrood! ‘n Nuwe hoofstuk van jou lewe en lewenslange herinneringe. Jou wittebrood is jou eerste vakansie saam as ‘n getroude paartjie. ‘n  Perfekte tyd om te ontspan en terug te dink aan jou troudag, en uit te sien vir ‘n lewe saam.

Did travel and Tours spesialiseer in reispakkette en wittebrood. Ek vat my kliente se hand en help hul stap vir stap om te beplan aan hul groot dag.

Trou is duur en dit maak dat paartjies soms ‘n kleiner begroting het vir wittebrood. Daar is soveel opsies en keuses, en ek sit ‘n pakket saam om in te pas by elke kliënt se begroting om te sorg dat hul ‘n spesiale wittebrood kry. 

‘n Paar punte om die keuse makliker te maak vir jou wittebrood:

  1. Begroting – Sit ‘n begroting saam as wegspring punt om te weet hoeveel jul kan spandeer. Telke male wil kliënte nie hul begroting gee vir agente nie, oor hul bang is hul gaan meer betaal. Dit is uiters belangrik vir my om te weet hoeveel jul wil spandeer sodat ek aanbevelings kan maak vir plekke wat wel in jou begroting pas
  2. Tyd van die jaar – Tyd van die jaar speel ‘n groot rol. Sekere plekke is in laag seisoen, sekere plekke in reënseisoen en sekere plekke onuithoudbaar warm. Dis belangrik om dit in ag te neem waneer jy kyk na bestemmings.
  3. Paspoorte – Baie belangrik om seker te maak jou paspoort is geldig 6 maande na terugkeer datum. Jou vliegtuigkaartjies moet bespreek word soos per jou paspoort – so pasop om jou nuwe van te gee waneer jy bespreek ipv jou nooiensvan.

Opsies:

Suid Afrika

As jou begroting net toelaat om te reis in Suid Afrika, is daar n groot verskeidenheid om van te kies.  Ons land het ook baie luukse en duur plekke, maar mens kan verseker iets kry wat jou sak pas! ‘n Paar lekker opsies vir wittebrood in Suid Afrika sluit in:

Bosveld: Daar is ‘n verskeidenheid keuses, Pilansberg in Noordwes, Kruger Wildtuin in Mpumalanga, Welgevonden in Limpopo, Golden Gate in Vrystaat, Dinokeng in Gauteng. Als hang af hoe ver jy wil reis en hoeveel jy wil betaal.

Berg en natuur: Drakensberg is pragtig en het pragtige hotelle met ‘n baie mooi uitsig . Clarens of Dullstroom is ook ‘n wonderlike opsie vir ‘n korter wittebrood en dan ook ‘n verskeidenheid plekke in Mpumalanga.

See: Kaapstad, wyn en tuinroete is altyd ‘n goeie keuse. Daar is ‘n groot verskeidenheid hotelle in die areas, op wynplase, naby tafelberg en in die pragtige bos in Knysna. Jy kan vlieg na George of Kaapstad, ‘n kar huur en die pragtige deel van ons land verken. As jy van warmer klimaat / water hou is daar wonderlike opsies vir Kwa Zulu natal soos bv Sodwana, Ballito en Zimbali.

Internasionaal

Meeste paartjies is opsoek na ‘n eiland vakansie vir hul wittebrood, en sukkel om te besluit tussen al die opsies. Jou begroting gaan vir jou duidelikheid gee oor ‘n bestemming:

Thailand: Goeie waarde vir geld. Langer en oornag vlugte gewoonlik via Dubai, Doha, Hong Kong of Singapoer. Geen direkte vlugte. Ligging is baie belangrik in Thailand want daar is areas wat baie besig is en ook nie ideaal vir wittebrood. Meeste hotelle sluit net ontbyt in. Thailand is n verken bestemming en dis gewoonlik ‘n goeie keuse om in 1 of 2 plekke te bly oor minimum 7 nagte en van daar eilandjies en plekke te verken. Pryse is soortgelyk aan Suid Afrika vir etes. Dis ‘n verken bestemming, met pragtige eilandjies vir dag besoek, heerlike kos en vriendelike mense.  Mens kan ook oulike goedjies vir goedkoop koop in die markte

Laag seisoen en reenseisoen in meeste dele van Thailand is Mei tot Oktober met groot specials! Klimaat is lekker reg deur die jaar

Bali: Goeie waarde vir geld. Langer en oornag vlugte gewoonlik via Dubai, Doha, Hong Kong of Singapoer. Geen direkte vlugte. Ek beveel ‘n kombinasie van see en woud area in Bali aan vir minimum van 7 nagte. Daar is pragtige strande maar belangrik om in die regte area te wees, want sommige areas is baie besiger as ander! Woud/Rysland area nl UBUD is nie by die kus nie, en bied ‘n wonderlike kultuur ervaring. Groot verskeidenheid hotelle om van te kies. Meeste hotelle bied bed en ontbyt. Bali se pryse is soortgelyk aan Suid Afrika vir etes, maar drankies kan duur wees. Jy spandeer jou tyd op die strand en in die rysland area en kan wonderlike ekskursies doen na die vulkaan, tempels en as jy genoeg tyd het vir omliggende eilande kan jy ‘n nag of 2 ekstra bly. Laag seisoen is Maart tot Mei met groot specials. Reëntyd is tussen Junie en Augustus, asook November en Desember.

 Mauritius: Dit bly ‘n top bestemming vir Suid Afrikaners. 4 ure vlug daagliks uit Johannesburg. Groot verskeidenheid hotelle. All Inclusive is baie populêr en goeie waarde vir geld. Drankies en etes kan baie duur wees om apart te betaal. Meeste hotelle sluit alle etes en local drankies in. Mauritius het n groot verskeidenheid watersport. Hier kan jy net by jou hotel bly vir 7 nagte, watersport doen en cocktails op die strand geniet. ‘n Catamaran cruise is ‘n heerlike ervaring en moet op jul lysie wees. Jy kan vir die dag na Grand BAie gaan en gaan rondloop, botaniese tuin besoek en oulike besienswaardighede . Jou hotel keuse is baie belangrik. Jy wil seker maak jy is op die strand of dat hotel ‘n spesifieke strand area het vir gaste. Publieke strande kan baie vol wees en nie ideaal oor hoogseisoen.  Jy kan 7 nagte hier spandeer sonder om jou hotel te verlaat. Blou water en baie om te doen vir watersport liefhebbers. Mauritius se klimaat is lekker reg deur die jaar. Laag seisoen is Mei tot Oktober, en dit kan reen. Pryse is goed oor die tyd. Desember tot April is warm, sikloon tyd en duurder.

 Zanzibar: Baie goeie waarde vir geld en ook ‘n top bestemming vir Suid Afrikaners. 4 ure vlug 3 x per week uit JNB. Redelik verskeidenheid hotelle. All inclusive is baie populêr en goeie waarde vir geld. Drankies en etes kan baie duur wees om apart te betaal. Meeste hotelle sluit alle etes en local drankies in. Zanzibar is pragtig met blou waters en wit strande. Daar is nie so ‘n groot verskeidenheid watersport nie, en meer n ‘local‘ ervaring as Mauritius. Die hotelle bied beperkte watersport. Zanzibar se see water kan tot 1km terug trek daagliks met laag getui, veral in die ooskus. Belangrik om jou dag om dit te beplan.  Hier beveel ek altyd 1 / 2 dagtrippies aan. Stone Town met al die geskiedenis en ou geboue en ‘n besoek aan prison island, asook n spice toer. Snorkel is baie mooi in Zanzibar en ‘n dag trippie vir snorkel is ‘n moet.   Zanzibar se weer is baie lekker heel jaar. Dit kan baie warm wees in die somer so maak seker jou hotel het aircon. Reënseisoen begin in Maart, en meeste reën val tussen April en Mei. Dis ook die tyd wat jy groot specials kry.

 Dis baie moeilik om te kies tussen al die plekke, maar begroting gaan jou duidelikheid gee van jou keuse!  Jy kan nie foutgaan met enige van die bestemmings nie. Elkeen bied ‘n verskillende ervaring. As jy nie ver wil vlieg nie, nie te veel wil rondrits nie en die strand geniet en all inclusive opsie soek is Zanzibar of Mauritius die beste keuse. As die verder vlieg nie n probleem is, jy hou van ander kultuur, eksotiese kos , plekke verken en eilandjies besoek is Thailand of Bali die beste keuse

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Trou Idees